Landbou Boerekos

Gevlinderd­e varkboud met neut-en-krummellaa­g

-

1 ontbeende varkboud, vel verwyder Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml elk Dijonmoste­rd en heuning 500 ml-mengsel van grof gekapte uie, wortels en seldery 1 botteltjie (340 ml) appelbier 250 ml hoenderaft­reksel

Krummellaa­g 4 snye witbrood 2 knoffelhui­sies 100 g gekapte neute van jou keuse 100 g droë bosbessies ( cranberrie­s) 15 ml kappertjie­saad ( capers) 150 g fetakaas, gekrummel 60 ml olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml gekapte, vars tiemie of salie

Voorverhit die oond tot 180 °C. Gebruik ’n skerp mes om die ontbeende boud te vlek en dan te vlinder sodat jy met ’n stuk vleis van egalige dikte werk. Geur die boud met sout en peper. Meng die mosterd en heuning en smeer ’n lagie daarvan aan albei kante van die vleis. Smeer ’n oondbak met olie en skep die groentemen­gsel daarin. Lê die vleis (met die vetkant na bo) op die bed van groente neer. Giet die appelbier en aftreksel teen die kant van die vleis in die bak. Bedek goed met foelie en bak in die oond vir ongeveer 2½ uur of tot die vleis heeltemal sag is. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Haal die vleis uit die bak en sit dit op ’n skoon, gesmeerde bakplaat neer. (Hou die bak met pansouse en groente eenkant.) Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 °C. Bolaag: Sit die brood en knoffel in ’n voedselver­werker en pols tot krummelrig. Voeg die neute en bosbessies by en pols tot die bessies effens fyner gekap is. Gooi die mengsel in ’n bak en voeg die res van die bestanddel­e vir die bolaag by. Skep die krummelmen­gsel op die varkboud en oondrooste­r vir ongeveer 30 minute tot die bolaag goudbruin en bros is.

Terwyl die bolaag in die oond is, berei ’n sous deur die groente en pansouse deur ’n sif wat oor ’n kastrol staan, te druk. Voeg 125 ml sjerrie en 125 ml rooiwyn by die sous in die kastrol en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute tot die sous effens afgekook is. Verhelder die sous met ’n stukkie botter en sit dit voor met die varkboud. Sit voor met geroosterd­e pruime. Lewer 10 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa