Landbou Boerekos

Gesonde vakansiero­erbraai

-

750 g varkboud, in dun repies gesny 45 ml olyfolie 45 ml elk heuning, sojasous, appelsap en brandewyn 5 cm-stuk vars gemmer, fyn gerasper 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk 3 ml vars gemaalde swartpeper 500 g voorbereid­e groente van jou keuse (soos broccoli, rooikool, krulkool, rooi-uie, groenbone en spinasie)

Sit die varkvleisr­epies in ’n nie-metaalbak. Meng die helfte van die olyfolie met die heuning, sojasous, appelsap, brandewyn, gemmer, knoffel en swartpeper en giet oor die vleisrepie­s. Meng liggies sodat elke vleisrepie met marinade bedek is. Bedek die bak en verkoel vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag.

Verhit ’n klein bietjie van die orige olyfolie in ’n groot pan of wok tot baie warm. Lig die vleisrepie­s uit die marinade en roerbraai vinnig oor hoë hitte tot die vleis amper gaar is. Skep die vleis uit en hou eenkant. Verhit die res van die olyfolie in dieselfde pan of wok en roerbraai die groente vir ’n paar sekondes tot dit net-net begin gaar word.

Skep die vleis terug in die pan of wok en roerbraai vir ’n paar sekondes saam met die groente. Giet die marinade wat in die bak agtergebly het oor die roerbraai tot alles deurgaar, maar nog bros is en die sous klewerig is. Sit dadelik op rys of noedels voor. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ?? REPIES Roerbraair­epies word in ’n blits gaar. Jy kan dit vars en vinnig blitsbraai of dit in ’n romerige sous prut vir ’n vinnige varkvleiss­troganoff.
REPIES Roerbraair­epies word in ’n blits gaar. Jy kan dit vars en vinnig blitsbraai of dit in ’n romerige sous prut vir ’n vinnige varkvleiss­troganoff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa