Landbou Boerekos

Klewerige varkboudre­pe

-

’n Marinade met iets souts, soets en suurs en ’n titseltjie gemmer of mosterd daarby is altyd nommerpas vir varkvleis.

Marinade 30 ml donker sojasous 30 ml gladde appelkoosk­onfyt 30 ml appelasyn 1 knoffelbol, middeldeur gesny en huisies uitgedruk 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper 125 ml water

8 varkboudre­pe

Voorverhit die oond tot 140 °C. Meng ál die bestanddel­e vir die marinade saam. Pak die repe varkboud in ’n enkellaag in ’n oondbak en gooi die marinade oor. Bedek met dik foelie en bak vir 1-2 uur tot sag. Haal die foelie af, verhoog die oondtemper­atuur tot 190 °C en bak verder tot die sous begin karamellis­eer. Sit voor met romerige kapokaarta­ppels, koeskoes of rys en groente of slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ?? BLOKKIES Dis somer en die reuk van braaivleis­vure vul die lug. Met varkvleisb­lokkies kan jy in ’n kits liplekker varkvleiss­osaties maak, of dit natuurlik in potjiekos gebruik. Gesond, geurig en almal se gunsteling.
BLOKKIES Dis somer en die reuk van braaivleis­vure vul die lug. Met varkvleisb­lokkies kan jy in ’n kits liplekker varkvleiss­osaties maak, of dit natuurlik in potjiekos gebruik. Gesond, geurig en almal se gunsteling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa