Landbou Boerekos

MEESTER VAN VLEIS

-

Die Joostenber­g-slaghuis spesialise­er in varkvleisp­rodukte wat op die tradisione­le manier gerook is, met sy spek-en-kaasbraaiw­orsies wat beslis aan die voorpunt is.

Daar is ook hoendervle­is (van vrylopende hoenders), Karoolam en plaaslike beesvleis by die slaghuis beskikbaar. Alles word op die perseel verwerk en verpak.

Saam met Philip Myburgh sr. is Danie Rossouw aan die stuur van sake by die slaghuis. Danie het in sy stiefpa se voetspore gevolg en in Hannover, Duitsland, sy opleiding as Fleischer (slagter) ontvang.

“Ek het in Neder-Sakse in ’n dorpie met net sowat 900 mense gewoon, en elke dag die trein Hannover toe geneem.”

Ná sy opleiding het hy ’n paar jaar lank in die vleisbedry­f in Londen gewerk, waarna hy gehelp het om die Joostenber­g-slaghuis uit te brei en die produkreek­s verder te ontwikkel. Die produkte is by Klein-Joostenber­g, sowel as ’n verskeiden­heid kleinhande­laars, beskikbaar.

“Ons spek-en-kaasbraaiw­ors is sekerlik ons gewildste produk. Ons verkoop maklik 5-6 ton daarvan per maand. Ander ouens maak nou dieselfde produk, maar dit het hier by ons begin,” vertel hy oor dié geurige, dun worsies propvol varkvleis, cheddarkaa­s en spekgeur-speserye.

Net so gesog is hul spekreeks, bestaande uit repiespek, rugspek en ontbytspek.

“Ons rook alles self volgens die natuurlike metode. Hier vind geen vloeibare beroking plaas nie, slegs houtberoki­ng met beukehout,” sê Danie.

Philip sê hoewel hul produkte gemik is op die boonste segment van die mark, is hulle

ook alte bewus daarvan dat ’n groot groep Suid-Afrikaners brandarm is en nie altyd proteïene kan bekostig nie.

“Omdat ons die hele karkas verwerk, is daar noodwendig dele wat jy nie in duurder produkte kan gebruik nie. Ons probeer alles gebruik en wil seker maak dat sommige van ons produkte beskikbaar is vir die armer deel van die gemeenskap. As jy op Port Nolloth woon, sonder ’n inkomste sit en net die staat se subsidie verdien, sal daar ’n Joostenber­g-produk wees wat jy by die Spar- of OK-winkel kan koop. Dis ons verantwoor­delikheid om dié mense te probeer voorsien van produkte wat proteïene bevat, soos Franse polonies, footlongs, Weense worsies en salami’s. En moenie sult weggooi nie. Dis ’n gesonde produk wat ons uit die gekookte varkkop maak. Dis baie gewild en betreklik goedkoop.”

 ??  ?? Philip Myburgh (regs) en Danie Rossouw bestuur die Joostenber­g-slaghuis.
Philip Myburgh (regs) en Danie Rossouw bestuur die Joostenber­g-slaghuis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa