Landbou Boerekos

Beesstertb­redie met preie en rooiwyn

-

1,8 kg beesstert, in stukke gesny Sout en vars gemaalde swartpeper Olyfolie, vir braai 6 groot preie, goed skoongemaa­k en in 5 cm-stukke gesny 6 heel knoffelhui­sies, geskil 15 ml komynsaad 5 ml gemaalde koljander 3 ml droë brandrissi­evlokkies 1 blik (410 g) gekapte tamaties 1 bottel (750 ml) rooiwyn Knippie suiker Water Hand vol fyngekapte pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil, om deur te roer

Geur die beesstert goed met sout en peper. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n groot swaarboomp­ot en braai die beesstert daarin bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai nou die preie en knoffel stadig oor lae hitte in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die komynsaad, koljander en brandrissi­evlokkies by en braai tot geurig. Skep die vleis (en enige pansouse wat op die bord afgedrup het) terug in die kastrol en voeg die tamaties, rooiwyn en ’n knippie suiker by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en prut die beesstert stadig oor lae hitte vir 4-5 uur of tot dit baie sag en lymerig is. (Loer gereeld in die kastrol terwyl die beesstert prut en roer die pot nou en dan. Vul aan met ’n bietjie water indien dit nodig raak. Veral teen die einde van die kooktyd is die sous geneig om maklik aan te brand.) Geur na smaak en roer ’n bietjie gekapte, vars pietersiel­ie en fyngeraspe­rde suurlemoen­skil by. Sit voor op rys, krummelpap of kapokaarta­ppels. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa