Landbou Boerekos

Klewerige skaapstert­jies

-

1 kg skaapstert­jies

Marinade Sap van 1 suurlemoen 60 ml olyfolie 30 ml worcesters­ous 15 ml gladde appelkoosk­onfyt 45 ml bruinasyn Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 5 ml gemaalde koljander

Sit die skaapstert­jies in ’n pot met ligte soutwater. Verhit tot kookpunt en prut tot die skaapstert­jies sag is. Dreineer die skaapstert­jies en skep dit in ’n oondbak wat groot genoeg is dat die stertjies in ’n enkellaag daarin kan lê. Meng die suurlemoen­sap, olyfolie, worcesters­ous, appelkoosk­onfyt en asyn en giet dit oor die skaapstert­jies. Geur die stertjies met sout en peper en sprinkel die koljander oor. Voorverhit die oond tot 200 °C. Bak die skaapstert­jies in die marinade tot die vleis goudbruin en die sous afgekook en klewerig is. Skep uit en sit dadelik voor. (Onthou ’n paar jammerlapp­ies vir taai vingers – ’n mens kan nie skaapstert­jies met iets anders as jou hande eet nie.) Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa