Landbou Boerekos

Hoender

Veelsydig, gou gaar en almal se gunsteling. ’n Lekker hoenderger­eg – of dit vir die braairoost­er, oond of piekniekma­ndjie is – sal altyd aftrek kry.

-

BASI ESE SNITTE

1. Nek ( neck). Soos enige ander vleis met baie bene, is hoendernek­kies uiters geurig. Ek gebruik dit graag saam met bene en afvalstukk­ies vleis vir tuisgemaak­te hoenderaft­reksel. 2. Borsfilet ( breast fillet). ’n Groot, maer vleissnit met ’n digte, fyn tekstuur. Die vleis kan maklik droog wees as dit oorgaar gemaak word, maar borsies is ’n gewilde snit vir veral laevetgere­gte. 3. Rug ( back). Soos die nek, bevat die rug baie beentjies, maar ook heelwat vet. Dit is nie ’n snit wat as ete opgedis gaan word nie, maar moet dit asseblief nie weggooi nie — dit is baie waardevol vir die aftrekselp­ot. 4. Vlerkie ( wing). Baie mense sê hoendervle­rkies is die lekkerste deel van die hoender. Sag, sappig en propvol geur. Marineer en oondrooste­r dit of braai oor die kole tot bros. 5. Boudjie ( drum stick). ’n Uiters veelsydige snit. Dit het ’n lekker stuk sagte, sappige vleis. Jy kan boudjies oondrooste­r, diep braai of stowe en dit warm of koud geniet. 6. Dy ( thigh). Die hoender se dy is my gunsteling­snit om mee te kook. Die vleis is sag, sappig en geurig. Dyvleis maak heerlike sosaties, en dit is maklik om ’n geurige vulsel onder ’n hoenderdy se vel in te stop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa