Landbou Boerekos

Hoendersos­aties met byt

-

6 groot hoenderbor­sies, sonder vel of been

Marinade 3 knoffelhui­sies 5 ml geroosterd­e komyn 7 ml gerookte paprika Fyngeraspe­rde skil en sap van 1 suurlemoen 2 rooi brandrissi­es, baie fyn gekap 60 ml olyfolie

Knippie sout 2 ml vars gemaalde swartpeper

Sny die hoender in blokkies en gooi in ’n niemetaalb­ak. Meng ál die bestanddel­e vir die marinade saam en giet oor die hoender. Meng goed deur, bedek met kleefplast­iek en verkoel vir minstens 2 uur. Ryg die gemarineer­de hoenderblo­kkies op sosatiesto­kkies en braai dit oor die kole of in ’n riffelpan vir ongeveer 8-10 minute tot deurgaar. Draai nou en dan om en bestryk die sosaties met die orige marinade terwyl jy dit gaarmaak. Druk ’n bietjie vars suurlemoen daaroor uit sodra dit gaar is en sit dadelik voor met tzatziki, braaibrood­jies en slaai, of groente van jou keuse. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa