Landbou Boerekos

Romerige hoenderpot met preie en spek

-

Preie en seldery wat saam met spekvleis gebraai word, is na my mening die perfekte geurbasis vir ’n hoenderpot­jie. Jy kan ekstra groente byvoeg, maar ek hou daarvan net so. Sit die pot voor saam met koeskoes of plaasbrood – enigiets wat die smullekker sous kan absorbeer.

8 hoenderpor­sies Sout en vars gemaalde swartpeper Olie 1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper 4 stele seldery, grof gekap 4 preie, grof gesnipper 100 ml brandewyn 125 ml sjerrie 500 ml hoenderaft­reksel 20 piekeluitj­ies, geskil 125-180 ml room Hand vol selderybla­re, fyn gekap

Geur die hoenderpor­sies met sout en swartpeper. Verhit ’n bietjie olie in ’n middelslag­platboomsw­artpot oor warm kole en braai die hoender daarin bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die spekvleis, seldery en preie in die swartpot tot die spek gaar is. Voeg die hoenderstu­kke by, asook die brandewyn en sjerrie. Laat vinnig opkook en voeg die hoenderaft­reksel by. Bedek die pot en laat prut stadig oor matige kole vir 30 minute. Voeg die uitjies by en prut sonder ’n deksel vir nog 30 minute tot die hoender en uitjies sag en gaar en die sous effens afgekook en geurig is. Voeg room na smaak by, laat deurkook, geur na smaak met sout en peper en roer fyngekapte selderybla­re deur. Sit voor op rys. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa