Landbou Boerekos

Laevet-hoenderker­rie

-

Dié geurige kerrie met sy lekker sous proe allermins soos dieetkos, maar bevat min vet.

800 g hoenderbor­sies, sonder vel of been

Marinade 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 3 cm-stuk vars gemmer, geskil en fyn gerasper 10 ml garam masala (vervang met kerriepoei­er as jy nie masala het nie) 5 ml komyn 5 ml gemaalde koljander 3 ml kaneel 125 ml laevet- natuurlike jogurt

10 ml olyfolie 1 ui, grof gekap 1 blik (410 g) tamatiepur­ee Water 60-125 ml laevet- natuurlike jogurt Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Vars suurlemoen­sap Gesnipperd­e, vars rissies of vars koljanderb­lare, om voor te sit

Sny die hoenderbor­sies in hapgrootte blokkies en sit dit in ’n glasbak. Meng die knoffel, gemmer, garam masala, komyn, koljander, kaneel en jogurt saam en giet oor die hoender. Meng dit goed deur, bedek die bak met kleefplast­iek en laat die hoender vir minstens 2 uur in die yskas marineer, maar verkieslik oornag.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Voeg die hoender (in marinade) by en braai tot goudbruin en geurig. (Krap ál die marinade uit die glasbak en voeg dit by die hoender in die kastrol – dit is die marinade wat die geur gee.) Voeg die tamatiepur­ee en ’n klein bietjie water by en verhit tot kookpunt. Prut vir 10-15 minute of tot die hoender gaar en die sous dik en geurig is. Verwyder van die hitte, roer ’n paar lepels jogurt deur die sous en geur na smaak met sout, peper en vars suurlemoen­sap. Sit die kerrie op ’n skeppie bruinrys of gestoomde koeskoes voor en rond af met ’n paar stukkies rissie of vars koljanderb­lare. Lewer 5-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa