Landbou Boerekos

Gerolde hoenderpas­tei

-

Ons is gewoond aan hoenderpas­tei met vlokkige skilferkor­sdeeg of botterige broskorsde­eg. Maar fillodeeg pas net so goed daarby en sorg vir ’n lekker afwisselin­g van op die tradisione­le manier van hoenderpas­tei maak.

Vulsel 2 groot, heel hoenders 5 ml growwe sout 5 ml swartpeper­korrels Paar lourierbla­re 5 takkies vars pietersiel­ie 5 takkies vars tiemie 250 ml sjerrie 60 ml sojasous Water 125 g (halwe pak) spekvleis, baie fyn gesnipper 60 g botter 45 ml koekmeel 250 ml melk

10 velle fillodeeg 100 g botter, gesmelt

Sit die hoenders in ’n groot kastrol saam met die sout, peper en lourierbla­re. Bind die pietersiel­ie en tiemie met tou vas en voeg dit ook by, saam met die sjerrie, sojasous en genoeg water om die hoender heeltemal te bedek. Verhit tot kookpunt, bedek en prut vir 1½ uur of tot die hoenders baie sag is en uitmekaar begin val. Laat die hoenders vir ’n rukkie in die aftreksel (waarin dit gaar gekook het) afkoel en haal dit dan uit om ver- der af te koel. Gooi die aftreksel deur ’n fyn sif en hou eenkant. Ontbeen die gaar hoender en vlok die vleis met ’n vurk fyn. Hou eenkant. Braai die gesnipperd­e spekvleis in die botter tot gaar. Voeg die koekmeel by en verhit tot die mengsel borrel. Voeg die melk en 250 ml van die aftreksel by. Verhit tot die sous begin kook en laat prut vir 2-3 minute. Roer die sous by die gevlokte hoendervle­is en laat die vulsel tot kamertempe­ratuur afkoel.

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n losboomkoe­kpan van 30 cm goed met botter of olie, of spuit met kleefweren­de kossproei. Smeer elke vel filodeeg met ’n dun lagie gesmelte botter en pak twee lae opmekaar sodat jy vyf dubbele lae deeg het. Skep ’n vyfde van die vulsel in die lengte van elke stuk deeg en rol die vulsel in die deeg toe. Rangskik die gevulde deegrolle in ’n spiraalvor­m in die koekpan. Smeer die bokant van die gerolde pastei met die res van die gesmelte botter en bak vir 30 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel deurwarm is. Lewer 10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa