Landbou Boerekos

Komynhoend­er met rys

-

Dié gereg is ’n maklike aandete propvol geur. 10 hoenderstu­kke, met vel

Marinade 5 ml elk droë oreganum 5 ml droë, gemengde kruie 10 ml komyn 3 ml witpeper 45 ml rooiwynasy­n

30 ml olyfolie 1 ui, fyn gekap 1 rooi soetrissie, in dun repies gesny

5 ml fyngekapte, vars knoffel 1 tamatie, ontpit en gekap 750 ml water 250 ml droë witwyn 1 blikkie (340 ml) ligte bier 4 ml borrie 15 ml tamatiepas­ta 450 g witrys Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Druk die hoender goed droog. Meng die bestanddel­e vir die marinade saam en giet oor die hoender. Vryf die hoender goed met die marinade in en laat staan vir 15-30 minute. Verhit die olyfolie in ’n groot swaarboomk­astrol en braai die ui en soetrissie stadig oor matige hitte daarin. Voeg die knoffel en tamatie by en braai verder tot die knoffel gaar is. Verwyder van die hitte en hou eenkant. Verhit nog ’n bietjie olyfolie in ’n swaarboomp­an. Geur die hoenderstu­kke met sout en braai dit in lotte in die olie bruin. Skep die bruingebra­aide hoender uit die pan by die ui-en-soetrissie­mengsel in die kastrol. Giet ’n bietjie van die water in die pan en verhit, terwyl jy die pan se boom skraap. Giet die pansous oor die hoender in die kastrol. Voeg die res van die water saam met die wyn, bier, borrie en tamatiepas­ta by die hoender in die kastrol. Verhit tot kookpunt en prut oor lae hitte vir ongeveer 30 minute. Voeg die rys by, roer liggies deur en prut vir nog 30 minute tot gaar. Bedek die kastrol en laat staan vir 10 minute sodat die rys kan stoom. Meng deur, geur met sout en peper en sit voor met slaai. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa