Landbou Boerekos

Laevet-broccoli-hoender met sampioene

-

4 hoenderbor­sies, in hapgrootte stukke gesny Sout, vars gemaalde swartpeper en hoenderspe­serye na smaak ’n Skeut vars suurlemoen­sap 30 ml olyfolie 6 groot, bruin sampioene, in kwarte gesny ’n Kop broccoli, in stukkies gesny en geblansjee­r tot halfgaar 250 ml natuurlike jogurt 4 ekstragroo­t eiers 45 ml gerasperde parmesaank­aas Sout en peper na smaak 5 ml vars tiemieblaa­rtjies, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Geur die hoender met sout, peper, hoenderspe­serye en suurlemoen­sap. Laat staan vir ongeveer 10 minute. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die hoender vir ongeveer 3 minute daarin. Voeg die sampioene by en braai verder tot die hoender amper gaar is. Skep uit in ’n oondbak en rangskik stukke geblansjee­rde broccoli tussen-in. Klits die jogurt, eiers, kaas, sout, peper en tiemie saam en giet oor die hoender en groente. Bak vir ongeveer 30 minute tot die sous net-net ferm is. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa