Landbou Boerekos

Hoendersla­ai-pizza

-

2 middelslag-pizzabasis­se

Slaai 1 rooi-ui, gehalveer en dun gesny 5 ml suiker 5 ml seesout 100 ml rooiwynasy­n 3 groot hande vol slaaiblare Halwe komkommer, dun gesny 2 gaar hoenderbor­sies, grof gevlok 1 wiele fetakaas, gekrummel

Knoffeljog­urtsous 100 ml natuurlike jogurt 15 ml suurroom of mayonnaise 1 knoffelhui­sie, baie fyn gekap Sout en swartpeper na smaak Vars suurlemoen­sap na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die rooiui in ’n bakkie en giet kookwater daaroor. Laat staan vir 5 minute, dreineer en sit dit in ’n gesterilis­eerde fles. Voeg die suiker, sout en asyn by. Skroef die fles toe en skud liggies tot die suiker en sout opgelos is. Verkoel tot benodig.

Meng die slaaiblare, komkommer, hoender en fetakaas. Maak die pizzabasis­se volgens die aanwysings gaar, haal uit die oond en laat afkoel. Klits ál die bestanddel­e vir die jogurtsous saam en hou eenkant.

Net voor ete, verdeel die slaai tussen die pizzabasis­se en sprinkel ’n paar stukkies gepiekelde rooi-ui oor. Skep ’n bietjie van die knoffeljog­urtsous oor en sit dadelik voor. Lewer 2-4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa