Só sê ’n WYNBOER

ADI BA­DEN­HORST RIEBEEK-KAS­TEEL, WES-KAAP

Landbou Boerekos - - Erfenisbraai -

Op Kal­moes­fon­tein (60 ha) met sy ou bos­stok­ke en ’n kel­der wat laas in die 1930’s ge­bruik is, maak Adi Ba­den­horst van AA Ba­den­horst-fa­mi­lie­wy­ne sy na­tuur­li­ke wy­ne nog op die tyd­sa­me, tra­di­si­o­ne­le ma­nier.

WAAR­OM IS JY SO GEK NA DIE DRUIWE WAT UIT SIEBRITSKLOOF TEEN DIE PAARDEBERG KOM? Dis moei­lik om te sê, maar dit het te doen met die feit dat ons win­ger­de taam­lik oud is. Daar­om is die op­brengs na­tuur­lik baie laag, ver­al om­dat ons glad nie be­sproei nie. Die druiwe het dus ’n bie­tjie meer geur en struk­tuur. Al die ba­sie­se goed is daar.

BAIE VAN JOU WIN­GER­DE IS IN DIE 1950’S EN 1960’S GE­PLANT. WAT MAAK DIE OUER WIN­GER­DE SO WON­DER­LIK? Ek weet nie wat dit is nie, want jong win­ger­de en ou win­ger­de is fi­si­o­lo­gies die­self­de. As die weers­toe­stan­de goed is, sal die ver­skil in ge­hal­te tus­sen ou en nu­we win­ger­de min­der op­merk­lik wees. In ek­stre­me ja­re is die che­mie en geu­re in die drui­we­sap van ou win­ger­de net an­ders. Be­ter.

MET WAT­TER KULTIVARS BOER JY? Ons het C­he­nin blanc, G­re­na­che, Cin­saut en Co­lom­bar. Ons het van­jaar ook om­trent tien ver­skil­len­de rooi kultivars. Ons wil kyk wat­ter hier aard, want dis kultivars, soos Bas­tar­do (Trous­seau Noir), wat ver­al in Por­tu­gal ge­plant word.

AS JY ’N GUNSTELINGKULTIVAR MOET UITSONDER, WAT SAL DIT WEES? S­teen (C­he­nin blanc) en G­re­na­che. Ons het die oud­ste G­re­na­che-win­gerd in die land op die plaas. Dis in 1950 ge­plant en daar­die win­gerd is net on­ge­loof­lik. S­teen vaar net so goed hier. Dit was al­tyd be­kend as ’n werk­e­sel, maar hier­die ouer win­gerd is nou al ’n perd wat bie­tjie af­ge­tree het en nou weer kan rond­pronk.

DIE DROOG­TE HET OOK DIE SWARTLAND HARD GETREF. HOE IS DIE DROËLANDWINGERDE OOR DIE JA­RE AANGEPAS OM DROOGTES BE­TER TE DEURSTAAN? Die af­ge­lo­pe drie, vier jaar is dit baie droog in ons om­ge­wing. Ons het net 60% van ons ge­wo­ne re­ën­val ge­kry. ’n Goeie ge­mid­del­de re­ën­val­sy­fer vir die ge­bied is so­wat 450 mm, maar­teen­Sep­tem­ber­van­jaar(ná­die­re­ën­sei- soen) het ons by 220 mm ge­trek. Ou win­ger­de ver­duur die droë toe­stan­de ’n bie­tjie be­ter as jong win­ger­de. Daar­om is ons nie eint­lik be­kom­merd dat die win­ger­de sal v­rek nie. Die op­brengs gaan net baie la­er wees. Die ou win­gerd­stok­ke het ’n hel­se groot, diep wor­tel­stel­sel wat ver vir wa­ter kan gaan soek.

WAT BE­TE­KEN DIT OM WYN OP NA­TUUR­LI­KE WYSE TE MAAK? Daar is nie reg­tig ’n de­fi­ni­sie nie, maar as ’n mens pu­ris­ties daar­na wil kyk, is dit se­ker wan­neer jy bi­o­di­na­mies boer (or­ga­nies is nie goed ge­noeg nie) en in die kel­der niks by jou wyn gooi nie. Ons boer se­mi-kon­ven­si­o­neel. Ons is nie or­ga­nies of bi­o­di­na­mies nie, maar ons spuit nie in­sek­do­ders nie, ge­bruik net so nou en dan on­kruid­do­ders en ons ver­my in die al­ge­meen sis­te­mie­se gif­stow­we. Daar is geen by­voe­gings in die kel­der nie, be­hal­we ’n bie­tjie swa­el voor bot­te­le­ring. Ons glo nie daar­aan om en­sie­me, suur of nu­we hout te ge­bruik nie; e­nig­iets wat die ka­rak­ter van die wyn kan be­in­vloed of oor­don­der nie. Dis on­no­dig as jy ou win­ger­de het.

JY MAAK NIE NET WYN NIE, MAAR OOK CAPERITIF, TONIKUM EN NOU SELFS TEQUILA. WAT PRE­SIES IS CAPERITIF? Caperitif is ’n ver­moet (wyn waar­in kruie en spe­se­rye ge­week word) wat in die 1920’s en 1930’s aan die Kaap ge­maak is. Ê­rens teen die 1940’s het dit van die mark ver­dwyn en men­se het dit die spook­be­stand­deel be­gin noem. Ek en Lars Lynd­gaard S­chmidt, ’n Deen­se ken­ner van men­gel­dran­kies, het in 2014 ons eie weer­ga­we van Caperitif ge­maak. Dis ’n ver­soe­te meng­sel van C­he­nin blanc, ki­nien, vrug­te en fyn­bos waar­mee ons son­der ’n re­sep vo­ren­dag ge­kom het. Ons wou dit Kaaps hou, daar­om ge­bruik ons net vrug­te waar­mee in die om­ge­wing ge­boer word (soos si­trus, ap­pels en ker­sies). Ons het ook in die veld gaan stap en fyn­bos ge­soek. Jy kan dit met je­ne­wer en tonikum drink, dit in ’n men­gel­dran­kie gooi of net so op ge­breek­te ys ge­niet. Ter­wyl ons Caperitif ge­proe en ge­meng het, het ons na­tuur­lik baie daar­van ge­drink, as­ook G&T’s, en ons het moeg ge­raak om te soek na ’n be­kos­tig­ba­re, maar goeie to­ni­kum­wa­ter. Toe maak ons self een — ’n Kaap­sestyl-tonikum! Ons noem dit S­waan en dis ge­maak van fon­tein­wa­ter met na­tuur­li­ke bo­ta­nie­se geu­re. Lig­ter aan sui­ker, maar met meer geur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.