Roos­ter­koek

Landbou Boerekos - - Erfenisbraai -

’n Vuur­warm roos­ter­koek bly maar lek­ker!

6 x 250 ml wit­brood­meel 15 ml kits­gis 3 ml sout Ge­noeg lou­warm wa­ter

Meng die meel, gis en sout in ’n bak. Voeg ge­noeg lou­warm wa­ter by om ’n sty­we deeg te vorm. K­nie goed. Sit in ’n groot bak met ’n dek­sel en laat rys op ’n warm plek. K­nie die deeg af en laat rys weer. Knyp bol­le­tjies deeg af en druk dit dan ef­fens plat. Plaas op die roos­ter oor ma­ti­ge ko­le en draai dit ge­reeld om so­dat dit nie brand nie. As die roos­ter­koek e­we­re­dig ge­roos­ter is, lig voel en hol klink, is dit gaar. Le­wer 20 roos­ter­koe­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.