Landbou Boerekos

Groenolyf-en-kruiebotte­r

-

Deur die olywe in die oond te dehidreer, sorg jy dat die botter ’n gekonsentr­eerde olyfgeur het. Saam met die romerighei­d van botter en die varsheid van vars kruie vorm dit ’n perfekte smaakkombi­nasie.

100 g ontpitte groen olywe, goed gedreineer 45 ml fyngekapte basiliekru­id 250 g ongesoute botter, teen kamertempe­ratuur

Voorverhit die oond tot 160 °C en sprei die olywe in ’n enkellaag op ’n bakplaat. Bak die olywe vir ongeveer 30-40 minute tot droog en effens verrimpeld. Haal uit die oond en laat afkoel. Sodra die olywe kamertempe­ratuur bereik het, sit dit in ’n voedselver­werker en pols tot fyn gekap. Voeg die basiliekru­id en botter by en pols verder, tot goed gemeng. Skep die botter uit in ’n geskikte vorm of bakkie en verkoel tot benodig. Lewer ongeveer 350 g botter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa