Landbou Boerekos

Marmite-en-kaiingbott­er

-

Twee eg Suid-Afrikaanse smake werk perfek saam in hierdie botter. Braai die kaiings baie bros voor dit fyngemaak word. Dit gee die lekker tekstuur aan die botter. Gegeurde botter vries ook goed. Vries dus oorskiet vir later.

125 g skaapkaiin­gs, goed uitgebraai tot bros 10 ml Marmite 250 g ongesoute botter, teen kamertempe­ratuur

Dreineer die uitgebraai­de kaiings op kombuispap­ier en laat dit heeltemal afkoel tot kamertempe­ratuur. Pols die kaiings in ’n voedselver­werker tot baie fyn. Voeg die Marmite en botter by en pols tot gemeng. Skep die botter uit in ’n geskikte vorm of bakkies en verkoel tot benodig. Lewer ongeveer 300 g botter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa