Landbou Boerekos

Só sê ’n KRUIE-EN-RISSIEBOER

HEINRICH LATEGAN WORCESTER, WES-KAAP

-

Tevrede in die Breederivi­ervallei is nie ’n tradisione­le wingerdboe­rdery nie. Hier word ook lekker warm rissies en basiliekru­id verbou, wat Heinrich Lategan (op die foto hierbo saammet sy vrou, Tamari) onder die Naked Earth-vaandel aan die voedseldie­nsbedryf verskaf.

JY BOER MET WYNDRUIWE. HOE HET DIE NUWE VERTAKKING­S DEEL GERAAK VAN JOU ONDERNEMIN­G? Onsisallan­kalbedrywi­gmetbasili­ekruid, maar het eers sowat drie jaar gelede begin rissies plant. ’n Restaurant­groep het ons destyds gevra om vir hulle basiliekru­id te kweek. Dit het in die laaste tyd nie so goed gegaan met die wynbedryf nie, daarom was dit ’n goeie idee om te diversifis­eer. Mettertyd het ons die basiliekru­id begin verwerk en gevries en nog later het ons pesto daarvan begin maak. Met die regte toerusting kon ons nog resepte ontwikkel om ook aan die spyseniers­bedryf pesto te lewer. Ons het die klante gevra watter ander produkte hulle soek, en die antwoord was ingemaakte jalapeñori­ssies, veral om rissie- poppers te maak. Ons maak dit in ’n asynoploss­ing in en verskaf die rissies in groot maat aan die bedryf. Die meeste van ons kombuisen supermarkp­rodukte word onder die Naked Earth-handelsmer­k bemark.

VERBOU JULLE IN TONNELS OF OP LANDERYE? Op landerye. Albei die gewasse vaar goed in ons omgewing, want dit verkies hitte in die groeityd, waarvan daar meer as genoeg is in ons somer. Ons plant sowat 2 ha basiliekru­id, wat neerkom op 80 000 tot 90 000 plantjies. Die rissieboer­dery is omtrent die helfte so groot. Ons moet die rissies en kruie besproei, wat nie ideaal is in die heersende droogte nie. Albei gewasse groei net in die somer, waarna ons die basiliekru­id verwerk en vries en die rissies inmaak vir wintertyd.

HET ALBEI GEWASSE ’N KORT PRODUKSIES­IKLUS? Ons plant einde September en oestyd vir basiliekru­id breek al middel Oktober aan. Ons oes tot die koue begin, hier einde Maart. Ons oes rissies vanaf middel-Desember tot in Maart of April.

IS DIE GEWASSE ARBEIDSINT­ENSIEF? Ja, veral basiliekru­id verg baie arbeid, want die blare word met die hand geoes. Daar is vooruitsig­te om die oesproses te meganiseer. Hier is ’n ou op Worcester wat ’n selfloperm­asjien laat bou het. Dit het lemme wat die basiliekru­id op ’n sekere hoogte afsny en dan met waaierband­e tot in kiste vervoer. Daar is nog nie regtigmega­nisasieind­ierissiebe­dryfnie, want jy werk met ’n baie sagte produk. Rissies oes egter ’n bietjie makliker as basiliekru­id. Jy kan ’n klomp rissies vinnig oes met minder mense.

HOE WARM IS ’N JALAPEÑORI­SSIE? Daar is ’n skaal wat die hitte-eenhede van rissies meet (die Scoville-skaal), en op daardie skaal lê jalapeño’s baie laag. Ek sou sê so vyf tot ses uit tien, waar tien uiters warm is. Daar is egter kultivars binne die jalapeño-familie wat baie warm is. Ons is aan saadverska­ffers en kwekers uitgelewer, en sommige jare kry ons nie die kultivar Maxi-Jala, wat die perfekte sterkte en grootte is, in die hande nie.

HOE MAAK JULLE RISSIE- POPPERS?

Ons vul dit met gegeurde roomkaas en doop dit dan in melk, eier en krummels. Daarna word dit in die oond gebak of gediepbraa­i.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa