Landbou Boerekos

Duiwelruit­ers met brandrissi­eblatjang

-

Duiwelruit­ers 1 pak (250 g) swoerdlose repiespek 60 ml blatjang Ongeveer 15 ontpitte pruimedant­e, middeldeur gesny Sout en vars gemaalde swartpeper

Brandrissi­eblatjang 250 g brandrissi­es (rooi of groen) 2 rooi soetrissie­s, ontpit en baie fyn gekap 5 knoffelhui­sies, fyn gekap 3 groen appels, geskil en fyn gerasper 2 groot uie, grof gerasper 750 ml witasyn 125 ml appelsap 750 ml suiker

Duiwelruit­ers: Sny elke repie spek in drie gelyke dele en verf elke stukkie spek met ’n dun lagie blatjang. Draai ’n pruimedant in elke stukkie spek toe en steek vas met ’n peuselstok­kie. Braai oor warm kole en geur met sout en peper terwyl die spek gaar word. Sodra die spek gaar en bros is, is die happies reg om geëet te word. Sit voor met brandrissi­eblatjang. Lewer 30 happies.

Brandrissi­eblatjang: Kap 100 g van die brandrissi­es met pitte en al fyn. Halveer die res, skraap die pitte uit en gooi die pitte weg. Kap die rissies fyn en meng dit met die 100 g rissies wat met pitte en al fyn gekap is. Sit die fyngekapte rissies saam met die res van die bestanddel­e in ’n kastrol en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt, bedek en prut oor lae hitte vir ongeveer 30 minute of tot die blatjang dik en geurig is. Giet in gesterilis­eerde bottels en verseël met gesterilis­eerde deksels. Lewer ongeveer 1,2 liter blatjang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa