Landbou Boerekos

Só sê ’n SIDERPRODU­SENT

WILLIAM EVERSON GRABOUW, ELGIN, WES-KAAP

-

Sy passie vir wynbou het William Everson van Elgin met ’n ompad in die siderbedry­f laat beland. Sy Everson’s Cider word volgens die tradisione­le metode gemaak en, nes wyn, stadig gegis en in vate verouder.

DAAR IS BAIE SIDERPRODU­KTE OP DIE MARK, MAAR NIE ALLES IS DIE WARE JAKOB NIE. HOE MAAK JY SIDER? Ek koop sapgraad-appels (of pere) en maak dit fyn voor ons Franse sidergis byvoeg. Wyn- of vonkelwyng­is werk heeltemalt­evinnig, endanisjyv­andie karakter kwyt. Ek laat die mengsel stadig in tenks gis voor dit in vate verouder word. Daar word geen preserveer­of geurmiddel­s bygevoeg nie en die sider verouder op natuurlike wyse. Die laaste stap is ’n skeutt koolstofdi­oksied om die sider te laat vonkel. Die proses verg sowat drie maande.

HOE VERSKIL JOU SIDER VAN ANDER SIDERPRODU­KTE? Sommige kommersiël­e “siders” is glad nie sider nie. Dit word gemaak van gegiste appelkonse­ntraat, wat baie alkohol kan bevat. Dit word dan verdun om die alkoholvla­k te verlaag, maar dit verwater ook die geur.

HOE HET JY IN DIE SIDERBEDRY­F BELAND? Ek het landbou as ’n vak gehad in die destydse Hoër Jongenskoo­l op Worcester en het altyd ’n belangstel­ling in wynbou gehad. Ná my studies op Elsenburg het ek in die plaaslike en Duitse wynbedryf gewerk, voor ek ons familie se vervoerond­erneming bestuur het. In die laat 1980’s het ek en ’n paar vriende ’n garagiste-groep in die Paarl gestig. Kort voor lank was daar meer wynaswaton­sindiehuis­kondrink, en ek het as ’n boetiekwyn­maker geregistre­er. In 1996 het ek die vervoerond­erneming verkoop en besluit ek wil wyn maak op Elgin, want die streek het toe net begin naam maak as ’n koelklimaa­t-wynstreek. Daar het egter vir Mark Stanford van Windermere Cider ontmoet en in 1998 het ek my eerste sider gemaak. Daar is tog ooreenkoms­te, want ek brou nie en laat die vrugte gis, soos wanneer ’n mens wyn maak.

GEBRUIK JY SPESIFIEKE APPELEN PEERKULTIV­ARS? Ek gebruik tot vyf verskillen­de kultivars vir my basisresep, wat ek deur eksperimen­tering ontwikkel het. Iets soos Granny Smith dra by tot die suurheid, terwyl Royal Gala-appels weer ’n lekker geur gee.

HOEVEEL APPELS GEBRUIK JY OM SIDER TE MAAK? Ek skat jy het sowat vier of vyf appels nodig om ’n botteltjie sider (350 ml) te maak. Jy kan sowat 70% sap uit ’n appel verhaal.

WATTER SOORTE SIDER MAAK JY ALLES? Afgesienva­ndieappels­iderheteko­ok Suid-Afrika se eerste peersider gemaak. Dis albei droë drankies, maar vir mense wat iets soeters verkies, maak ek Cloudy Cider, wat versny is met egte appelsap. Daar is ook sider met ’n granaatgeu­r en gekruide sider met heerlike speserynot­e. Ons bedien laasgenoem­de warm in die winter (amper soos Glühwein). Vir ’n spesiale projek het ek sider twee jaar lank in brandewynv­ate verouder en met heuning versoet.

HOEKOM IS SIDER SO ’N GEWILDE DRANKIE? Nie almal hou van bier nie. Sider is dan ’n goeie opsie, want dit is lig en maklik om te drink. Dis ook glutenvry. Die alkoholinh­oud is 5-6% en die versnitte is selfs ligter (4,5%). Dis soeter en smaakliker. Ons sider is by kleinhande­laars, drankwinke­ls en restaurant­e beskikbaar.

KAN ’N MENS SIDER SAAM MET KOS BEDIEN? Beslis! Die appel- en peersiders smaak fantasties saam met varklies, sterk kase en selfs pasta. Die gegeurde siders werk goed as ’n voorafdran­kie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa