Landbou Boerekos

Kerriehoen­derdye

-

12 ontbeende hoenderdye 80 ml kerriemeng­sel (sien “Kombuiswen­k”) Olyfolie

Braaisous 45 ml gladde appelkoosk­onfyt 45 ml asyn 15 ml tamatiesou­s 15 ml worcesters­ous 3 ml elk komyn, koljander en fyn gemmer Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sit die hoenderdye in ’n nie-metaalbak en sprinkel die kerriemeng­sel egalig oor. Sprinkel ’n bietjie olyfolie oor om aan te klam en meng alles goed deur met jou hande. Bedek met kleefplast­iek en marineer vir minstens 4 uur, maar verkieslik oornag. Haal die hoender uit die yskas en laat dit kamertempe­ratuur bereik voor jy dit braai. Meng ál die bestanddel­e vir die braaisous saam tot glad. Geur die hoender met sout en peper net voor dit op die kole gesit word. Braai die hoender stadig oor matige kole tot halfgaar. Bestryk dan met ’n dun lagie braaisous ná elke draai van die rooster. Braai verder tot die hoender gaar en die sous gekaramell­iseer is. Lewer 6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa