Landbou Boerekos

Só sê ’n OLYFBOER

HEIN BADENHORST PRINS ALBERT, WES-KAAP

-

Prince Albert Olives is wyd bekend as die ondernemin­g wat die olyfolie in die geel blik verkoop. Die manne agter dié handelsmer­k is die pa-enseun-span Fred en Hein Badenhorst.

HOE HET JULLE IN DIE OLYFBEDRYF BELAND? Ons kom uit ’n boerdery-agtergrond. My oupa was die plaasbestu­urder en wynmaker op Groot-Constantia en my pa, Fred, het op die plaas grootgewor­d. My pa het later op Olienhof, ’n dorpsplaas op Prins Albert, gaan aftree, maar dit was nie lank nie, toe raak hy verveeld. Ons was gefassinee­r deur die olyfbedryf en het taamlik baie navorsing gedoen en plaaslike en oorsese olyfplase besoek voor ons ons eie bome geplant het.

HOE GROOT IS JUL AANPLANTIN­G? Sowat 40 ha. Ons het hoofsaakli­k die ou staatmaker­kultivars Frantoio, Leccino en FS17 geplant. Ons het ook Calamata-olywe, wat ons inmaak.

HOE RAAK DIE DROOGTE JULLE? Ons boer in die Groot-Karoo met die Groot Droogtes. Olyfbome is taamlik droogtebes­tand, maar dit het steeds bemesting en genoeg water nodig om ’n goeie drag te verseker. Ons het ’n waterbeurt op die dorp. Ons water kom uit die Swartbergp­as en tot dusver was die voorsienin­g bestendig.

VERTEL MEER VAN DIE STYL VAN JUL OLYFOLIE? Ons volg internasio­nale beste praktyke, voldoen aan fitosanitê-re vereistes en het ’n taamlik moderne olyfpers. Dit alles speel ’n rol in die gehalte van ons olyfolie. Tog smaak Frantoio-olie uit die Groot-Karoo anders as Frantoio-olie uit die res van die Wes-Kaap. ’n Mens kan dit ’n terroir-aspek noem. Ek dink ons olies is nie so intens soos dié uit die res van die provinsie nie.

WAT IS DIE STORIE AGTER DIE TREFFENDE GEEL BLIK WAARIN JUL OLYFOLIE VERPAK WORD? Ons het die blik laat ontwerp om ’n Victoriaan­se gevoel te skep, want ons is op ’n Victoriaan­se dorp geleë en wou van die elemente daarvan vaslê. Ons naam is eintlik nie baie duidelik op die blik nie, daarom vra mense dikwels net vir die “geelblik-olyfolie”.

VERKOOP JULLE JUL OLIE NET IN SUID-AFRIKA? Ons grootste afsetpunt is Woolworths en ander deli’s, maar ons voer ook olie uit na Asië, Amerika en Skandinawi­ë uit. Die uitvoermar­k vir olyfolie is nog klein omdat ons moet meeding met grootmaato­lie uit Spanje en Italië. Suid-Afrika word ook nog nie heeltemal gereken as ’n olyfoliepr­odusent nie en mense is ook nie bereid om toppryse vir olies uit die Nuwe Wêreld te betaal nie. Ons sukkel dus nog met ons beeld, maar daar is beslis geleenthed­e vir die Suid-Afrikaanse bedryf omdat ons gehalte baie goed is.

HOE KRY DIE LAND SE OLYFOLIEPR­ODUSENTE DIT REG OM OLIE VAN SULKE GOEIE GEHALTE TE MAAK? Omdat ons ’n jong bedryf is, kon ons van die begin af die internasio­nale beste praktyke volg, met ander woorde die regte kultivars plant, die regte praktyke toepas en die regte masjiene aanskaf.

WAT BETEKEN DIE BEGRIP “EKSTRASUIW­ER OLYFOLIE?” Dit kom daarop neer dat die olie geen gebreke (soos muf of oksidasie) mag hê nie. Dit word bereik met goeie praktyke in jou boord en parskelder.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa