Landbou Boerekos

Steaksosat­ies met groenkruie­sous

-

2 kg steak van jou keuse

Olyfolie-marinade 1 groot ui, baie fyn gekap 125 ml olyfolie 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 125 ml vars suurlemoen­sap 40 ml sojasous 10 ml aangemaakt­e mosterd 5 ml vars gemaalde swartpeper

Sny die steak in hapgrootte blokkies en pak in ’n nie-metaalbak. Braai die ui oor matige hitte in die olie tot sag. Voeg die knoffel by en braai vir ’n minuut. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Roer nou die suurlemoen­sap, sojasous, mosterd en swartpeper by. Laat die marinade goed afkoel en giet oor die vleis. Bedek en verkoel vir minstens 3 uur (verkieslik oornag). Ryg die vleis op sosatiesto­kkies en laat dit kamertempe­ratuur bereik voor jy dit vinnig oor baie warm kole braai tot liggaar. Laat rus vir 5 minute. Sit voor met die sous. Lewer 8 porsies.

Groenkruie­sous

Verwerk ’n groot hand vol roket, ’n groot hand vol basiliekru­id, 2 ansjovisfi­lette, 45 ml kappertjie­saad en die sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot suurlemoen in ’n voedselver­werker tot glad. Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker, indien nodig. Lewer 250 ml sous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa