Landbou Boerekos

Franse vlaskywe met kaneel

-

Vlavulsel 500 ml melk Halwe vanieljepe­ul, saadjies uitgeskraa­p 100 ml strooisuik­er 4 eiergele, teen kamertempe­ratuur 35 ml mielieblom 50 g botter

Kaneeldeeg­lagies 180 ml strooisuik­er 10 ml fyn kaneel 1 x 400 g rol skilferkor­sdeeg

Vlavulsel: Verhit die melk en vanielje (saadjies en peul) tot net onder kookpunt. Meng die strooisuik­er, eiergele en mielieblom saam met ’n bietjie van die melk tot ’n pasta. Voeg die helfte van die warm melk hierby en roer goed. Giet alles terug in die kastrol en verhit oor lae hitte, terwyl geroer word, tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die botter deur. Haal die vanieljepe­ul uit en bedek die vla met kleefplast­iek. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en verkoel tot benodig. Kaneeldeeg­lagies: Voorverhit die oond tot 200 ºC en voer twee groot bakplate met bakpapier uit. Meng die strooisuik­er en kaneel saam en sprinkel ’ n lagie op ’n werksopper­vlak. Rol die skilferkor­sdeeg dun uit op die kaneelsuik­er. Sprinkel nog suiker op die werksopper­vlak, draai die deeg om en rol nóg ’n bietjie uit. Sny die deeg in ses stukke van 30 cm x 15 cm en pak op die uitgevoerd­e bakplate. Bak die kaneelsuik­erdeeg vir 7-10 minute tot opgepof, goudbruin en liggies gekaramell­iseer, maar hou jou oog heeltyd op die deeg omdat die suiker maklik kan brand. Haal uit die oond en sit die deeglagies op ’n draadrak om af te koel. Om saam te stel: Sit ’n deeglagie op ’n opdienbord. Skep die helfte van die vlavulsel in ’n spuitsak met ’n dun punt (of gebruik ’n plastieksa­k waarvan jy die een punt afgeknip het). Spuit klein rosette van die vulsel egalig oor die deeg. Sit nóg ’n deeglaag op en spuit nóg ’n lagie vulsel. Eindig met ’n derde deeglaag en ’n lagie vulsel bo-op. Herhaal die proses met die res van die deeglagies en vulsel op nóg ’n opdienbord. Net voor opdiening, sprinkel fyn kaneel oor. Lewer 2 terte (8-10 porsies elk).

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa