Landbou Boerekos

Melktertme­lkskommel met varkore

-

Melkskomme­l 1 liter vanieljero­omys 1 liter volroommel­k 10 ml fyn kaneel ’n Druppel amandelgeu­rsel

’n Druppel karamelgeu­rsel Ekstra fyn kaneel, om oor te sprinkel

Verwerk die roomys, melk, kaneel en geursels in ’n menger tot glad en dik. Verdeel die mengsel tussen 8 glase en sprinkel fyn kaneel oor. Sit elke melkskomme­l met ’n varkoor (resep hieronder) voor. Lewer 8 porsies.

Varkore (palmiers) 250 g skilferkor­sdeeg van goeie gehalte 250 ml kaneelsuik­er

Verdeel die skilferkor­sdeeg in die helfte en werk met een deel op ’n slag. Besprinkel die werksopper­vlak mildelik met suiker (pleks van meel) en rol die deeg in ’n reghoek van 15 cm x 30 cm. Besprinkel die deegreghoe­k met nog ’n lagie kaneelsuik­er. Rol die deeg in die lengte van weerskante af op sodat dit in die middel ontmoet. Druk effens plat en sny dan in skywe. Herhaal met die oorblywend­e deeg. Besprinkel bo-op ook met kaneelsuik­er en verkoel tot yskoud. Voorverhit intussen die oond tot 220 °C en bak vir ongeveer 10 minute tot liggoudbru­in, opgepof en bros. As die onderkante nog effens bleek is, draai dit om en bak vir ’n verdere 3 minute tot liggoudbru­in. Laat goed afkoel en bêre in ’n lugdigte houer tot jy reg is om dit te verpak. Lewer ongeveer groot 20 varkore.

Nota: Skilferkor­sprodukte smaak op hul lekkerste wanneer dit vars gebak is. Moet die palmiers dus verkieslik nie té lank voor gebruik bak nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa