Landbou Boerekos

’n Stroperige storie

-

Dit is danksy twee Hollandse resepte en ’n goeie skeut verwarring dat goue, stroop deurdrenkt­e deegvlegse­ls deel van ons koskultuur is. En ook nie net ’n deel daarvan nie. In ’n onlangse meningspei­ling het Landbou Boerekos se lesers onomwonde verklaar dat koeksister­s die kroon as die voorste boerekos-lekkerny behoort te dra.

Koeksister­s het in die 17de eeu aan die Kaap ontstaan deur die vermenging van twee Hollandse resepte: Een vir oliebolle (wat ook oliekoek of bolle genoem is) en een vir krullers (wat uit ’n pastadeeg berei en gedraai is).

Kaapse kokke het in ’n stadium begin om olieboldee­g te vleg soos soms met krullers se deeg gedoen is. Dit het mense só verwar dat hulle later nie meer geweet wat die regte naam vir hul gebak was nie. Die benaming koeksister het eers teen die middel van die twintigste eeu sy verskyning gemaak.

H.W. Claassens skryf in haar boek Die geskiedeni­s van Boerekos, 1652-1806 dat in vroeë resepte vir bolle, krullers en koeksister­s in sommige gevalle presies dieselfde deeg gebruik is, maar dat sekere weergawes in ’n gesmelte suikerstro­op gedompel en ander weer in suiker gerol is.

In Kos en Kookkuns (in 1938 uitgegee deur die Unie van Suid-Afrika se Departemen­t van Landbou en Bosbou) sowel as in E.J. Dijkman se Di Suid-Afrikaanse Kook-, Koek- en Resepteboe­k (1891) is daar resepte vir oliebolle met kaneelsuik­er en vir sprits (basies gegeurde chouxdeeg wat in diep vet gebraai word). Daar verskyn egter in geen van dié boeke ’n resep wat herinner aan koeksister­s wat ons ken nie.

Hildagonda Duckett en S. van H. Tulleken skryf wel daaroor in hul boeke. In Tulleken se Die praktiese kookboek vir SuidAfrika (1937) gee sy ’n resep vir koeksister­s. Die deeg word egter nie gedraai of gevleg nie, maar in bolletjies gerol. Tog skryf sy dat die gaar deegbollet­jies deur stroop deurtrek moet word.

Toe S.J.A de Villiers in 1951 haar treffer, Kook en Geniet, die lig laat sien het, het haar resep vir koeksister­s as die eerste verwysing vir talle Suid-Afrikaanse kokke gedien. Sy het haar koeksister­stroop met vars gemmer en pypkaneel gegeur. Die deeg stem tot op die letter ooreen met die weergawe wat ons vandag bak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa