Klapperbollas
Daar bestaan baie variasies van Maleise koesisters, maar almal word in klapper gerol. Dís wat dit so lekker maak!
Stroop 800 ml suiker 625 ml water 1 kaneelstok Dik reep suurlemoenskil
Deeg 500 g bruismeel 2 ml bakpoeier 10 ml fyn kaneel Knippie sout 2 eiers, geklits 100 g gesmelte botter Ongeveer 250 ml melk
Olie, vir diepbraai 500 ml klapper, vir rol
Stroop: Verhit ál die bestanddele stadig oor lae hitte saam tot die suiker gesmelt is. Roer gereeld. Verhit tot kookpunt en prut vir 5-10 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel voor die kaneelstok en suurle- moenskil verwyder word. Verkoel tot yskoud voor gebruik. Deeg: Sif die meel, bakpoeier, kaneel en sout saam. Voeg die geklitste eiers en gesmelte botter by en maak met net genoeg melk aan tot ’n sagte deeg vorm. Vorm klein bolletjies en braai dit in warm olie tot goudbruin. Skep met ’n gaatjieslepel uit en dompel in die koue stroop. Dreineer en rol in klapper. Lewer ongeveer 30 bollas.