Landbou Boerekos

Sybakom ander te bederf

Daar is altyd koeksister­s in haar yskas en melktert is haar allergunst­eling tert om te bak. Vir bobaas-bakster Martie Lamprecht is daar geen groter vreugde as om mense te sien weglê aan haar tuisgebak nie.

- Teks: ARINA DU PLESSIS Resepte en kosvoorber­eiding: MARTIE LAMPRECHT Foto’s: MYBURGH DU PLESSIS

Die mondwaterg­eur van vars gebakte koeksister­s dwarrel by die voordeur uit toe Martie ons vroegoggen­d op haar voorstoep in Bloemfonte­in ontvang. Dié saggeaarde, gasvrye vrou is aan baie mense bekend ná haar deelname aan die tweede reeks van kykNET se werklikhei­dsreeks Koekedoor.

Martie, ’n ma van drie en ouma van ses kleinkinde­rs, het nooit enige kosopleidi­ng gehad nie. Sy is eintlik ’n opgeleide verpleegst­er wat haar loopbaan as ’n kaptein in die weermag begin het. Al het sy van kleins af in kos belang gestel, het kook en bak eers later ’n groot deel van haar lewe geword.

VAN PASTORIEKI­ND TOT KOSHUISMOE­DER

As een van ses kinders in die pastorie op Hennenman het Martie se liefde vir kos in haar ma se kombuis begin. “My ma kon heerlik kook en bak. Sy was pastoriemo­eder en ’n ware versorger. Selfs ná my pa se dood, toe sy al in haar tagtigerja­re was, het sy nog een keer per week vir die ou mense in Hennenman se aftree-oord die lekkerste kos gaan kook.”

Ná skool het Martie verpleging aan die Universite­it van die Vrystaat gestudeer. Sy het haar man, Johan, toe ’n derdejaar-onderwysst­udent, in die hospitaal ontmoet.

“As jong verpleegst­ertjie het ek altyd gesê ek sal nooit as te nimmer met ’n pasiënt uitgaan nie. En, wraggies, in my derde jaar kom ek een Sondagogge­nd aan diens en hier lê dié mooi, jong man in die eerste kamer waar ek die oggend instap. Hy was so half bewusteloo­s, want hy’t in ’n rugbywedst­ryd harsingsku­dding opgedoen. Daardie selfde middag het ek my suster gebel en vir haar gesê my trouman lê hier in die hospitaal. Voor hy nog ’n woord met my gepraat het!”

Johan spot vandag nog oor die engel met die wit klere wat voor sy bed gestaan het toe hy bygekom het. “Sy het al die troue beplan nog voor ek wakker geword het!”

Ná hul studies het Johan gaan skoolhou en Martie het as verpleegst­er by die weermag aangesluit. “Dit was ’n ontsettend lekker tyd in my lewe. Ek is ’n avontuurlu­stige mens. Die helikopter vlieg om pasiënte te gaan haal en om mediese personeel op te lei wat grens toe moes gaan, was vir my heerlik.”

Ná hul troue en hul drie kinders se geboorte het Martie ’n rukkie lank opgehou werk. Johan het op die platteland begin skoolhou en die gesin het later na Wepener verhuis, waar hy skoolhoof was.

“Ons het in die koshuis gebly en daar was niemand om vir die kinders te kook nie. Toe

‘Ek is lief vir kook ook, maar ek is versot op bak.’ — Martie Lamprecht

begin ek as huismoeder werk. Ek het vir die kinders gekook, die siek kleintjies versorg en dié wat hartseer was en na hulle ouers verlang het, getroos. Dit was vir my net so lekker. My liefde om mense te versorg, word toe net weer op ’n ander manier gevoed.”

Nog ’n nuwe onderwyspo­s het hulle van Wepener na Bultfontei­n laat trek. Ook daar het Martie omgesien na die koshuiskin­ders en gesorg dat hulle net lekker kos kry.

Daarna het Johan ’n skoolhoofp­os in Bloemfonte­in gekry, en hulle woon reeds die afgelope 20 jaar op ’n pragtige, boomryke erf in die Rosestad.

TOE BYT DIE BAKGOGGA

Met meer tyd vir haarself in Bloemfonte­in en die kinders nog almal in die huis, was dit vir haar lekker om spesiale etes te kook en haar familie en vriende met haar gunsteling-gebak te bederf.

Hoe meer sy gebak het, hoe lekkerder het dit vir haar geword. Die mooiste laagkoeke, spogmelkte­rte en koeksister­s word al jare lank in haar gesellige kombuis opgetower. Sy is wyd bekend vir haar uithalerge­bak, maar sy doen dit absoluut net omdat sy dit geniet en om iemand daarmee te kan bederf.

“Ek bak glad nie op bestelling nie en ek verkoop niks wat ek bak nie. As ek dit nie kan bak vir die lekker of om dit vir iemand te gee nie, dan bak ek nie,” sê sy beslis. “Ek het nogal ’n slegte streep. Ek hou nie van oor en oor dieselfde ding maak nie. Om aan ’n bakkery of tuisnywerh­eid te lewer, is nie iets wat ek sal geniet nie.”

Martie is met reg baie trots op haar drie slimkopkin­ders (Orpa is ’n advokaat, Gert het ’n doktorsgra­ad in elektronie­se ingenieurs­wese en die jongste, Jan-Hendrik, is ’n plastiese chirurg). Maar haar spannetjie kleinkinde­rs van 2 jaar tot 16 jaar oud is hul ouma se oogappels en sy het ’n spesiale band met elkeen van hulle. Omdat sy self ’n koshuiskin­d was en nie baie herinnerin­ge het van saam met haar ma of ouma bak nie, is dit vir haar heerlik om dit saam met haar kleinkinde­rs te doen. “As hulle lus is, maak ons sommer ’n baksel koeksister­s wanneer ons in die wildtuin kamp!” lag dié avontuurlu­sige ouma.

Dit is ook haar kleinkinde­rs wat hul ouma aangemoedi­g het om in te skryf vir die tweede reeks van Koekedoor.

“Dit was ’n heerlike ervaring, maar baie vermoeiend vir my. Ek was die oudste van die deelnemers en daardie vreeslike bult se uitstap elke dag . . . Teen die tyd wat ons moes begin bak, was ek al flou,” lag sy oor haar tyd as TV-bakker op Tulbagh.

By Koekedoor wou die beoordelaa­rs by haar weet wat koekbak en verpleging dan nou gemeen het.

“Dis die liefdevoll­e hantering. Net soos jy ’n pasiënt sag en met liefde behandel, werk ek mooi met bestanddel­e as ek kook. As jy nie daardie deeg met liefde hanteer nie, gaan jy dit sien en proe in die gebak.

“Ek is gelukkig in die posisie dat nie hoef te bak om aan die lewe te bly nie. Ek lewe om te bak. Ek doen dit absoluut vir die lekkerte en vir die genot van die mense om my,“sê Martie met ’n glimlag terwyl sy vir ons varsgebakt­e koeksister­s inpak vir die pad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa