Landbou Boerekos

DIE KUNS VAN HAAR KOEKSISTER­S

-

Martie gebruik haar ma se koeksister­resep wat sy hier en daar ’n bietjie aangepas het.

Wat is die geheim van ’n perfekte koeksister?

“Ek glo daaraan dat die deeg nie té styf moet wees nie. Voor ek dit laat rys, moet ek dit amper nie kan hanteer nie. Dit moet aan my hande vassit. En dan, as ek die deeg laat rus het, sit dit nie meer aan my hande vas nie, maar dis steeds heerlik sag.”

Gooi die uitgerolde deeg met plastiek toe. Dit keer dat dit uitdroog, maar ook dat dit taai raak (’n risiko as jy die deeg met ’n klam lap bedek).

Die olie waarin die koeksister­s gebraai word, moet matig wees, nie te warm nie. Koeksister­s moet stadig braai. Dit is wat dit krakerig en bros buite maak. As die olie te warm is en die deeg kry te warm, maak dit stywe, kluitjieri­ge stukkies aan die binnekant. Die koeksister­s is dan ook te donker aan die buitekant en nog nie deurgebak aan die binnekant nie.

Koeksister­s moet stadig gebraai word tot goudbruin en dan vinnig uitgelig en direk in die koue stroop gedompel word.

Hou die stroop koud deur die bak stroop in ’n groter bak met yspakke ( ice bricks) te sit. As jy ysblokkies gebruik, smelt dit te vinnig.

Verdeel altyd ’n lot koeksister­stroop in twee dele en hou die een deel in die yskas koud, terwyl jy met die ander deel werk. As die stroop waarmee jy werk, begin warm word, vervang dit met die bak uit die yskas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa