Landbou Boerekos

Koue kruievisko­ekies

-

Ek het hierdie klein viskoekies presies volgens E.J. Dijkman se aanwysings (sien onder) gemaak en net hoeveelhed­e bygesit om dit ’n bietjie makliker te maak. ’n Glas koue, droë witwyn of vonkelwyn is ideaal hierby.

600 g gaar vis, grate verwyder en fyn gevlok 4 snye witbrood, fyn gekrummel 60 ml vars pietersiel­ie, baie fyn gekap 1 ui, baie fyn gekap Sout en peper na smaak 5 ml vars tiemieblaa­rtjies, baie fyn gekap 6 vars salieblaar­tjies, baie fyn gekap 5 ml fyngeraspe­rde, vars suurlemoen­skil 3 ekstragroo­t eiers Olie, vir braai

Meng die gevlokte vis, die helfte van die broodkrumm­els (hou die ander helfte eenkant), pietersiel­ie, ui, sout en peper, tiemie, salie, suurlemoen­skil en een van die eiers goed saam. Vorm klein viskoekies en verkoel tot ferm. Klits die orige 2 eiers. Doop die viskoekies eers in eier en bedek dan met ’n dun lagie broodkrumm­els. Braai in ’n bietjie olie tot goudbruin en bros. Lewer 24 klein viskoekies.

“Vis Frikkadel no. 3: Neem vis, haal dit van di graat af, kap dit fyn met broodkrumm­els, fyn pieterseli, ’n ui fyngekap, peper en sout, ’n klein bietji tiemie en Sali, ’n stukki fyn suurlimoen skil, maak dit in koekies of balle met eier en krummels, bak dit in warm vet ’n mooi lig bruin kleur, sous kan van di kop, finne en stert gemaak word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa