Landbou Boerekos

Aspersies op die Italiaanse manier

-

24-36 aspersies Gerasperde kaas Sout Peper Botter Broodkrumm­els

Bind die aspersies in ’n los bossie en kook in water met ’n bietjie sout tot dit sag is. Dreineer. (Indien ’n blikkie aspersies gebruik word, moet dit in die water waarin dit is, opgewarm word.) Plaas ’n laag aspersies in ’n oondvaste bak. Strooi kaas, sout, peper en stukkies botter oor, pak weer ’n laag aspersies en daarop weer ’n laag kaas. Plaas stukkies botter hier en

‘ “Veels geluk” op Kersfees veronderst­el vrolikheid, blydskap, ’n stemming van huislike, gesellige behaaglikh­eid. Ek erken dit kan heers waar die kos maar skraal is en ook waar daar van drank hoegenaamd geen sprake is nie. Maar ek besef net so goed dat dit makliker te verkry is waar die fees gevier word rondom ’n tafel wat goed bedek is en waar die gasheer daarvoor gesorg het dat daar ’n gepaste hoeveelhei­d goeie drank voorgesit word.’ — C. Louis Leipoldt

daar, strooi broodkrumm­els oor en bak teen 180 °C tot die broodkrumm­els verbruin. Lewer 4-6 porsies.

‘Medaljes van vlees’ met pietersiel­iebotter, geroosterd­e tamatie en gebraaide, jong aartappels

In 1980 het nog ’n kos-ikoon, Peter Veldsman, die mooiste kookboek, Eet saam met Leipoldt, saamgestel. Daarin het hy 12 spyskaarte (een vir elke maand van die jaar) ontwerp met Leipoldt se resepte. Ek het dié beesvleisr­esep uit Peter se boek gekry. Hy het Leipoldt se oorspronkl­ike resep vir beesfiletm­edaljons uit Kos vir die kenner effens aangepas deur onder meer die vleis net vinnig te panbraai pleks van om dit te smoor.

Pietersiel­iebotter 75 ml botter 10 ml suurlemoen­sap 1 ml gemaalde swartpeper 25-30 ml fyngekapte pietersiel­ie

‘Medaljes’ 6 “medaljes” (uit die ronde deel van die beesfilet gesny en 40 mm dik) Sout en peper Suurlemoen­sap 125 ml witwyn Uie Sout en peper 3 tamaties

Pietersiel­iebotter: Maak botter met ’n houtlepel sag. Voeg die res van die bestanddel­e by en meng goed. Druk vas in ’n bakkie en plaas in die koelkas. Sny in blokkies sodra dit hard is. ‘Medaljes’: Braai die vleis vinnig aan albei kante bruin in ’n geriffelde gietysterp­an. Geur met sout en peper. (Sit elke “medalje” op ’n stukkie geroosterd­e brood.) Voeg suurlemoen­sap, wyn en uie by pansappe en kook tot die sous dik is. Proe en geur. Skep oor die vleis. Garneer elke “medalje” met ’n halwe gebraaide tamatie waarop ’n blokkie pietersiel­iebotter geplaas is. Sit voor met gebraaide, jong aartappelt­jies. Lewer 6 porsies.

Wynskuimpo­eding

Dié maklike poeding het my uitgeboul. Die kombinasie van muskadel- en sitrusgeur­e saam met saggeklopt­e room is eenvoudig fantasties. En die neutmuskaa­t, wat vars oorgeraspe­r word net voor die nagereg voorgesit word, verleen net die regte tikkie aardse speserygeu­r aan die poeding. Probeer dit gerus. Dis basies ’n boere-sabayon; ’n geskenk van Leipoldt wat ek beslis van nou af gereeld gaan maak en ’n heerlike, anderste manier om Suid-Afrika se fantasties­e muskadel te geniet.

250 ml room 250 ml soet witwyn (gebruik goeie, wit muskadel) Sap van 1 suurlemoen Grypie fyngeraspe­rde suurlemoen­skil 80-100 g strooisuik­er Neutmuskaa­t

Klits die room, soetwyn, suurlemoen­sap en -skil en strooisuik­er goed saam tot dit skuim. Skep die skuim af en vul glase daarmee. Rasper neutmsukaa­t oor. Sit die poeding net so of met beskuitjie­s voor. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa