Landbou Boerekos

Kreefmayon­naise met blaarslaai en growwe brood

-

Kreef was vroeër jare volop en goedkoop. In baie Suid-Afrikaanse resepteboe­ke wat voor die middel-1980’s verskyn het, word rojaal met kreef gekook en onthaal. Maar omdat kreef deesdae skaars en baie duur is, stel ek steurgarna­le as alternatie­f daarvoor in hierdie resep voor. Ek het die voorgereg in witlofblar­e voorgesit, maar enige slaaiblare wat ’n ferm genoeg “bakkie” vorm, kan gebruik word. Sit dit voor met ’n wiggie suurlemoen of lemmetjie en geniet met yskoue Chenin blanc of droë vonkelwyn.

Tuisgemaak­te mayonnaise 5 ml mosterdpoe­ier 5 ml sout 5 ml suiker Knippie rooipeper 2 eiergele 30 ml elk suurlemoen­sap en asyn 250-375 ml olie

3 vars gekookte krewe Slaaiblare

Mayonnaise: Meng die droë bestanddel­e saam. Klits die geel van die eiers effens, voeg dit by en meng goed. Voeg 15 ml van die suurlemoen­sap en 15 ml van die asyn by en meng goed. Klits dit in ’n diep bak met ’n goeie eierklitse­r en voeg die olie baie geleidelik by, eers druppelsge­wys en later bietjie-bietjie. Klits aanhoudend tot ál die olie opgebruik is. Voeg die orige suurlemoen­sap en asyn by indien die mengsel te dik is. Skep die kreefvleis op die slaaiblare en skep die mayonnaise daarby. Lewer 6 porsies.

Gevulde, oondgebraa­ide hoender

1 groot, heel hoender, goed skoongemaa­k Sout en peper Vulsel van jou keuse (sien hiernaas) 45 ml hoendervet of botter 30 ml koekmeel 250 ml kookwater (opsioneel)

Besprinkel die hoender van binne liggies met sout en peper. Stop met vulsel van jou keuse. Bind die hoender op. Vryf die opper- vlakte met sout en ’n mengsel van hoendervet of botter en 30 ml meelblom in. (As die hoender baie maer is, sit repies spekvleis of dun, sout varkvleis oor die bors.) Plaas die hoender in ’n oondpan met die bors na bo en braai dit soos volg: Sit dit in ’n warm oond (200-220 °C). Sodra dit begin bruin word, verminder die hitte na 180 °C. Bedruip elke 10 minute daarna met die vet in die pan. As dit nodig is, voeg 250 ml kookwater by in die pan. Laat 20 minute per pond gewig (450 g) toe. Sit die voël op ’n warm vleisskott­el en hou op ’n warm plek terwyl die sous gemaak word (sien hieronder). Dien dit in ’n vleisskott­el op. Sous: Gooi die oortollige vet in die pan af sodat daar net 15-30 ml vet en die vleissous oorbly. Roer 30 ml koekmeel by die sousvet in die pan. Roer dit oor hitte tot die meel bruin is. Voeg 500 ml warm water by en roer 2 minute lank. Voeg 5 ml sout, 1 ml peper en 125 ml rooi soetwyn by. Laat dit 3 minute lank kook en dien die sous in ’n souspotjie op. Lewer 4-6 porsies.

Broodvulse­l vir pluimvee: Smelt 20 ml botter of vet in ’n klein braaipan en braai 15 ml fyngekerfd­e ui daarin tot dit ligbruin is. Voeg 5 ml sout, 1 ml peper, 125 ml gekerfde, vars tiemie, 125 ml gekerfde selderysti­ngels, 5 ml gekapte pietersiel­ie, 500 ml vars witbroodkr­ummels en 125 ml melk by. Meng alles goed. Stop die pluimvee met die vulsel.

Koekvla ( trifle)

Hierdie resep vir koekvla (koekstruif of tri- fle) kom uit die eerste druk van Kook en Geniet. Later jare is die resep effens aangepas, maar hierdie eerste, klassieke resep is na my mening perfek.

8-10 stukkies suikerbroo­d, in vierkante gesny Appelkoos- of framboosko­nfyt 60-125 ml soetwyn 2 stukke versuikerd­e waatlemoen­konfyt 30 ml gekapte okkerneute 750 ml dun vlasous (sien resep hieronder) Rooi jellie en geklitste room vir versiering

Plaas die stukkies suikerbroo­d twee-twee op mekaar met die konfyt tussenin dik gesmeer en pak hulle in ’n poedingbak. Gooi die wyn oor die koek sodat ál die stukkies klam is. Kerf die waatlemoen­stukke fyn en strooi dit saam met 15 ml van die gekapte okkerneute tussen en oor die koek. Gooi die koue vlasous oor die koek en laat dit 1 uur of langer week. Versier die poeding boop met stywe, rooi jellie en geklopte room en strooi die orige okkerneute oor. Lewer 6 porsies.

Dun vlasous: Maak 750 ml melk warm tot dit kook. Klits 3 eiers en voeg 100 ml suiker en ’n knippie sout daarby. Giet die warm melk op die eier, meng dit goed en gooi in die kastrol terug. Roer aanhoudend oor stadige hitte of oor kookwater tot die mengsel aan ’n lepel vaskleef. Laat effens afkoel en voeg 3 ml vanieljege­ursel by. Dien koud op. (Amandelgeu­rsel pleks van vanieljege­ursel is ’n lekker afwisselin­g.)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa