Landbou Boerekos

Sny ’n boud in blokkies, skywe en repies

-

Vir vinnige, voedsame etes met varkvleis hoef jy nie ’n fortuin te betaal nie. Koop ’n heel varkboud, ontbeen dit maklik volgens die aanwysings op die vorige bladsy en sny dit eenvoudig in drie dele wat jy daarna in dun repies, skywe en blokkies sny. Nou is die moontlikhe­de eindeloos! STAP 1: Begin met ’n ontbeende varkboud van ongeveer 3 kg waarvan die vel afgesny is. Sit die boud op ’n kapplank neer en sny dit — teen die grein van die vleis — in drie dele. STAP 2: Sny die agterste (grootste) deel middeldeur. Sny die een deel in dun skywe en sny die ander deel in dikker repe. Sny blokkies uit die middelste deel van die boud en repies uit die res.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa