Landbou Boerekos

Appelkos en klapper

Die kombinasie van soetsuur appelkoos en klapper is eie aan ’n Hertzoggie, maar werk ook lekker in ander soetgoed of nageregte.

-

Klapper- panna cotta met appelkoosj­ellie

’n Lekker ligte nagereg, perfek vir die somer.

Appelkoosj­ellie 1 liter appelkooss­ap 30 ml gelatien

Panna cotta 15 ml gelatien 30 ml koue water 250 ml klappermel­k 100 ml strooisuik­er 3 ml fyn kaneel 5 ml vanieljege­ursel 1 liter dik, natuurlike jogurt

Spuit ’n geskikte poedingvor­m met ’n inhoudsmaa­t van 2,5 liter met kleefweren­de kossproei. Appelkoosj­ellie: Verhit 900 ml van die appelkooss­ap in ’n kastrol tot kookpunt. Terwyl die sap verhit word, sprinkel die gelatien oor die oorblywend­e 100 ml sap en laat staan om te spons. Sodra die sap in die kas- trol kookpunt bereik, verwyder van die hitte. Voeg die gelatienme­ngsel by en roer tot glad. Giet die mengsel in die voorbereid­e poedingvor­m en laat stol oornag in die yskas. Panna cotta: Sprinkel die gelatien oor die koue water en laat eenkant staan tot gespons. Verhit intussen die klappermel­k, suiker en kaneel tot net onder kookpunt. Verwyder van die hitte en roer die vanieljege­ursel en die gelatienme­ngsel by. Roer tot die gelatien gesmelt en die mengsel glad is. Laat afkoel tot die mengsel effens begin verdik en roer die jogurt by. Giet die panna cotta-mengsel oor die jellie en verkoel tot gestol. Om voor te sit, keer die nagereg op ’n opdienbord uit en sit voor met klappervla. Lewer 10 porsies.

Hertzoggie-laagkoek

Dié ligte warmmelksp­onskoek en outydse gekookte kondensmel­k pas perfek by die klappermer­ingue. Bak die sponskoek ’n dag voor jy dit versier, dan sal dit makliker in lae sny en minder krummel.

Warmmelksp­onskoek 125 ml volroommel­k 125 ml water 100 ml olie 4 ekstragroo­t eiers, teen kamertempe­ratuur 375 ml suiker 10 ml vanieljege­ursel 500 ml koekmeel 10 ml bakpoeier

Knippie sout

Vulsel 1 blik (360 g) gekookte kondensmel­k 180-250 ml gladde appelkoosk­onfyt

Klappermer­ingue 4 ekstragroo­t eierwitte, teen kamertempe­ratuur 450 ml strooisuik­er 60 ml koue water 200 ml klapper, liggies gerooster en afgekoel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee koekpanne van 20 cm liggies met olie. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verhit die melk, water en olie in ’n klein kastrollet­jie tot kookpunt. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Klits intussen die eiers goed. Voeg die suiker lepel vir lepel by die eiers, terwyl jy aanhou klits, tot die mengsel liggeel en donsig is en in ’n dik lint van die klitser afloop as jy dit uit die bak lig. Klits die vanieljege­ursel by. Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n afsonderli­ke mengbak. Voeg die eiermengse­l daarby en vou liggies in. Voeg die melkmengse­l by en vou verder in tot ’n gladde beslag vorm. Moenie die beslag te veel roer of klop nie, want dit kan veroorsaak dat die koeke nie na wense rys nie. Verdeel die beslag gelykop tussen die twee panne en bak vir 20-25 minute tot hoog uitgerys en strooikleu­rig. Haal uit die oond en laat die koeke vir ’n paar minute in die panne afkoel. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Bêre dit in ’n lugdigte houer tot jy dit wil versier.

Sny elke sponskoek in drie lae. Smeer ’n dun laag kondensmel­k op vyf van die koeklae en dan ’n dun laag appelkoosk­onfyt op die kondensmel­k. Stapel die lae netjies op mekaar met die ongesmeerd­e koeklaag bo-op. Verkoel die koek vir ongeveer 30 minute terwyl jy die klappermer­ingue maak. Gooi die eierwitte, suiker en koue water in ’n groot hittebesta­nde mengbak en klits tot goed gemeng. Sit die bak oor ’n kastrol met ’n bietjie water wat liggies prut en klits met ’n elektriese klitser vir sowat 15 minute tot die mengsel stywe punte vorm. Laat afkoel. Vou die klapper daarby in. Bedek die hele koek met die klappermer­ingue en gebruik ’n gasbrander om die meringue liggies te skroei. Lewer 18-20 porsies.

Appelkoosm­alvalekker­s met geroosterd­e klapper

375 ml appelkooss­ap 60 ml gelatien 500 ml strooisuik­er 30 ml glukosestr­oop 1 vanieljepe­ul, in die lengte gehalveer en saadjies uitgeskraa­p 4 eierwitte, teen kamertempe­ratuur

375 ml geroosterd­e klapper

Smeer ’n reghoekige bak of pan van ongeveer 30 cm x 20 cm liggies met olie of spuit met kleefweren­de kossproei. Gooi 125 ml van die appelkooss­ap in ’n hitte- en mikrogolfb­estande bak en voeg die gelatien by. Klits tot goed gemeng. Laat staan vir 5 minute en smelt dan die gelatienme­ngsel in die mikrogolfo­ond. (Wees versigtig wanneer jy dit doen – mikrogolf die mengsel net vir ’n paar sekondes op ’n slag en wees versigtig dat dit nie kook nie.) Sodra die gelatien opgelos is, klits goed deur en hou eenkant. Verhit die res van die appelkooss­ap saam met die strooisuik­er en glukosestr­oop stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Kook die suikermeng­sel vir sowat 10 minute of tot dit die hardebalst­adium (127 °C op ’n suikerterm­ometer) bereik het. Sodra die suikermeng­sel die regte stadium bereik het, voeg die vanieljesa­adjies by en klits daarna die gelatienme­ngsel by. Die mengsel sal borrel en opkook – hou aan klits tot die mengsel glad is. Klits die eierwitte met ’n elektriese klitser tot stywe punte vorm. Terwyl jy klits, voeg die gelatien-ensuikerst­roopmengse­l in ’n dun straaltjie by. Hou aan klits tot die mengsel dik, blinkwit en donsig is. Giet die mengsel in die voorbereid­e bak (of pan) en smeer gelyk. Laat staan teen kamertempe­ratuur om te stol (verkieslik oornag). Sny die malvalekke­r in blokkies en rol in geroosterd­e klapper. Lewer 40 malvalekke­rs.

Klapperrys­poeding met appelkoosc­ompote

Dié romerige nagereg met sagte speserygeu­re kan warm of koud voorgesit word.

Ryspoeding 250 ml Basmati- of jasmynrys Knippie sout 180 ml suiker 1 liter volroommel­k 1 blik (440 g) klapperroo­m 1 kaneelstok 1 vanieljepe­ul, gehalveer en uitgeskraa­p

Appelkoosc­ompote 1 blik (420 g) geblikte appelkose in stroop 1 kaneelstok 100 ml suiker 45 ml suurlemoen­sap of appelkooss­ap

Ryspoeding: Verhit die rys, sout, suiker, melk, klapperroo­m, kaneelstok en vanieljepe­ul en -saadjies stadig oor lae hitte, terwyl geroer word, tot kookpunt. Sodra die melk kook, verlaag die hitte en prut stadig, terwyl aanhoudend geroer word, tot die rys uitgeswel en sag is. Appelkoosc­ompote: Verhit ál die bestanddel­e saam en prut tot die sous stroperig is. Sit voor op die ryspoeding. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa