Die reuk van om­gee In­deks

Landbou Boerekos - - Inhoud -

“Nee, flip. Jy sal bie­tjie moet re­lax.” Ek sien aarts­vy­an­de Ki­a­ra en Wil­ma sit sy aan sy op die kom­buis­toon­bank. Ki­a­ra se wit ha­sie­pan­tof­fels wat rit­mies vo­ren­toe en ag­ter­toe swaai. Net ver­le­de Son­dag­og­gend nog moes Ki­a­ra in haar kas weg­kruip vir Wil­ma. Ki­a­ra en Riaan, Wil­ma se ou, was die vo­ri­ge aand goed ge­klet­ter en het speek­sel uit­ge­ruil. In die o­pen­baar, reg voor Die Blou Ma­kou.

’n Te­vre­de stil­te heers nou in die ver­trek. Ek kyk hoe Lei­la met haar wys­vin­ger die laas­te krum­mels in die bak by­me­kaar­maak. Vyf swart swa­els in vlug is al langs haar vin­ger af ge­ta­toe­ëer.

Ek be­sef dat ek nie eens ’n hap­pie ge­had het nie. Met ’n glim­lag. Want vir my is sien va­nog­gend ge­noeg. En skie­lik is ek bly oor die dui­we, die dag en my ma se on­feil­ba­re re­sep.

NS: Hoe­wel die le­pel­par­ty­tjie op die werk­lik­heid ge­skoei is, is al die ka­rak­ters fik­tief.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.