Ou­mas wat her­in­ne­rin­ge in­kleur

Van sy klein­tyd saam met sy ou­mas het hy die mooi­ste her­in­ne­rin­ge, skryf Land­bou­week­blad se kos­blog­ger, die sjef en Ka­roo­boer JAY OELOFSE. En die eet­goed wat hul­le vir hom ge­maak het as kind, bly van­dag nog sy harts­kos.

Landbou Boerekos - - Inhoud - Teks, re­sep­te en fo­to’s: JAY OELOFSE

OU­MA RE­THA

Mar­ga­re­tha I­sa­bel­la Van Ton­der (75) is op 30 Sep­tem­ber 1942 in Jan­sen­vil­le ge­bo­re. Haar ou­ers, Le­na en Han­nes van Ton­der (my ou­ma- en ou­pa­groot­jie), het op die plaas Moe­der­zoons­kraal in die om­ge­wing vanWa­ter­ford ge­boer.

My pa se sus­ter El­na, wat toe­val­lig ook ’n sjef is, soos ek, ver­tel my dat Moe­der­zoons­kraal ’n baie groot plaas was, maar nie be­son­der vrugb­baar nie. Ou­pa­groot­jie Han­nes het eg­ter groen vin­gers ge­had en het ’n groot tuin ge­had waar­in al­les ge­groei het.

Die plaas was by­na heel­te­mal self­ver­sor­gend. Slegs die sta­pel­pro­duk­te, soos meel, sui­ker en sout, is ge­koop. Haar pa se tuin het in die groen­te- en vrug­te­be­hoef­tes voor­sien. Daar was nie ys­kas­te nie en kos moes op slim ma­nie­re ge­pre­ser­veer word. Moe­der­zoons- kraal se huis het ’n sol­der ge­had, en dit was die i­de­a­le koel en don­ker bê­re­plek. Hoen­der­ei­ers is met vet ge­smeer om die suur­stof uit te hou. So­doen­de kon dit maan­de lank vars bly. In die win­ter is le­moe­ne (met tak­kies nog aan die vrug­te vas ) ge­pluk en dan in sand op die sol­der op­ge­berg. In die so­mer is daar dan heer­lik le­moe­ne ge­ëet.

Vrug­te is ge­droog en in lapslo­pe ge­bê­re, konfyt is ge­kook en kwe­pers is in­ge­maak. Daar is selfs mam­poer ge­stook van le­moe­ne en an­der vrug­te. Ou­ma­groot­jie het graag vir ou­ma Re­tha-hul­le ver­tel hoe daar ’n on­der­wy­ser by hul­le ge­lo­seer het wat li­keur kon maak en van die pret daar­van om al­les te kon proe.

Daar was ook ’n ka­toen­boom­pie op die plaas waar­van die “ka­toen” uit­ge­pluis en ge­bruik is.

Die vark- en skaap­boer­de­ry het die vleis verskaf, en na­tuur­lik was daar ’n melk­koei of twee. Ou­ma­groot­jie het la­ter ja­re ’n kon­tak by die Cad­bu­ry’s-sjo­ko­la­de­fa­briek ge­kry. Die sjo­ko­la­de- swee­pings is in sak­ke plaas toe ge­bring en ou­pa Han­nes se var­ke het heer­lik aan sjo­ko­la­de ge­smul.

Grys­bok­kies en dui­kers was vol­op en wilds­bok­kies is vir die pot ge­skiet. Biltong is ge­maak en fyn pas­tei­vleis is van die bok­kies se vleis ge­kook.

Ou­pa­groot­jie het groen­te op na­bu­ri­ge dor­pe ver­koop. Ou­ma Re­tha kan nog onthou hoe hy een dag op So­mer­set-Oos gaan groen­te ver­koop en die aand ’n eg­te, wit bak­kers­brood huis toe ge­bring het. Dit was die eer­ste keer dat hul­le ’n brood uit ’n bak­ke­ry ge­proe het. Hul brood was al­tyd tuis­ge­maak.

Ek weet nie hoe baie waar­heid in my kop woel as ek te­rug­dink aan my voor­skool­se ge­dag­tes nie. Is dit prent­jies wat ek reg­tig kan onthou, of is dit die sto­ries wat aan my ver­tel is en ek self ver­der in­ge­kleur het? Ek wil neig na “dit is soos ek die saak onthou”, want ek ruik nog die per­cu­la­tor- kof­fie in my ou­ma en ou­pa se huis en proe die melk­tert­vul­sel wat ek uit die bakke ge­lek het.

Ou­ma Re­tha is met ou­pa Boer­tjie ge­troud en hul­le het op die plaas Blaau­wkrantz in dis­trik Jan­sen­vil­le gaan bly. Daar het die kos­tra­di­sies van Moe­der­zoons­kraal aan­ge­gaan. Ou­pa Boer­tjie was ’n jo­vi­a­le man wat ge­hou het van men­se ont­haal en daar was al­tyd kui­er­men­se in hul huis.

Daar was ’n klom­pie melk­koeie en Floors het el­ke og­gend die koeie ge­melk. In ou­ma se ys­kas was daar al­tyd ’n meng­bak vol dik room. Na­dat ’n paar dae se room ver­sa­mel

‘Ek het al­tyd vir ou­ma pro­beer na­maak as sy daar­die skaap­nek met so­veel ge­not af­kerf en stuk­kie vir stuk­kie met die mos­terd eet.’

is, is daar bot­ter ge­maak. Die kar­ring­melk is af­ge­gooi, want daar­van is be­skuit ge­bak. Dan is die bot­ter ge­sout en daai wa­ter­tjies wat uit­ge­kom het, weg­ge­gooi. Die hout­vorm­blok­kie met die goue ska­nier­tjies is uit­ge­haal en die bot­ter daar­in ge­vorm. Een pond goud­geel bot­ter, klaar.

El­ke jaar was daar dok­ters van Port E­li­za­beth wat op die plaas kom jag het. Een van hul gunstelinge was ou­ma se vars ge­bak­te brood, plaas­bot­ter en tuis­ge­maak­te per­ske­kon­fyt. Een jaar was dit ver­skrik­lik droog en daar was geen groen­voer vir die bees­te nie. Die ge­volg was dat die bot­ter daar­die jaar spier­wit was. Ou­ma het ag­ter­ge­kom dat die jag­ters nie daar­die jaar baie bot­ter eet nie. Hul­le dog toe al die tyd dis uit­ge­braai­de vet, want hul­le ver­staan nie die wit bot­ter nie.

Ek hoor nog die slin­ger­te­le­foon vroeg­og­gend lui (2231 – drie kor­tes en ’n lan­ge), dan hard­loop ek om te gaan ant­woord, want ek weet dit is my pa wat bel om die dag se werk met ou­pa Boer­tjie te be­spreek.

My pa het twee dae te­rug hier op my ou­pa se plaas klaar ge­skeer en is van­dag weer op pad om die bok­haar­ba­le klaar te pers. Van­dag moet ek huis toe gaan. Dis bit­ter­soet, want weer het die ka­bou­ters wat my ou­ma daag­liks in die tuin sien, my ont­glip . . . Die ka­bou­ter-ma wat on­der die brug­gie by die droë fon­tein bly, gee glo daag­liks vir my ou­ma die spys­kaart. Ek mis dit el­ke keer as ek my be­sig hou met iets an­ders, soos ket­tie skiet, ba­bers in die ri­vier­ga­te vang of om pa­pies te pro­beer uit­lok. “Mol­le­tjie, mol­le­tjie, kom, ek het vir jou lek­ker bot­ter en brood” het die rym­pie al­tyd ge­gaan ter­wyl ek met ’n dun stok­kie in ’n ver­sig­ti­ge sir­kel in die grond se ron­de kra­ters ge­krap het.

Daar was daag­liks groen­te op die ka­bou­ters se spys­kaart. Al hoe ek hul­le een­dag gaan ont­moet, is as ek die­self­de kos as hul­le eet, het ou­ma Re­tha my ver­tel. Dis hoe sy my ge­leer het om groen­te te eet. Ons praat nou nog daar­van as ka­bou­ter­kos.

Toe ek la­er­skool toe is, het my ou­ma skie­lik vrees­lik be­gin bak. Men­se van die dis­trik het ge­du­rig vir fyn­ge­bak ge­vra. Dan­kie tog daar­voor, want toe maak ou­ma ’n tuis­ny­wer­heid op Jan­sen­vil­le oop. Ons fiets­ben­de in stan- derd 3 was groot e­ters en baie stout. Ons is so af en toe by die tuis­ny­wer­heid met ’n soe­tig­heid be­derf, maar dit was nie al­tyd vir ons ge­noeg nie en toe moes ons self plan maak . . . Ek is jam­mer dat Ou­ma nou op hier­die ma­nier moet uit­vind, maar dit was ons wat in jou huis in­ge­breek het en vir ons spook­a­sem ge­draai het tot ons naar ge­raak het. Dit het meer as een keer ge­beur en ek het ge­weet ons moes nie voor die ba­saar jou spook­a­sem­sui­ker op­ge­bruik nie, maar dit was Jo­han Ger­ber (do­mi­nee se seun) se i­dee. My sus­ter Mand­re was ook by!

Tus­sen my ben­de be­dry­wig­he­de en boom­huis­bou­e­ry het ou­ma da­rem al­tyd tyd ge­had vir my. Soos toe ek my eer­ste mei­sie tuis­ny­wer­heid toe ge­bring het vir ’n “ou­ma spe­ci­al” (gra­tis milks­ha­ke). Ek was da­rem nie so swaar op die melk­skom­mels nie, want die ver­hou­ding het nie baie lank ge­hou nie. Hoe kon dit? Ons was te skaam om met me­kaar te praat en my spel­ling en skrif in my kys­brie­fies was se­ker my on­der­gang.

Toe ek 11 was, het my pa my ge­neem om my eer­ste koe­doe te gaan skiet. Dit was ’n groot dag en iets wat el­ke seun moet doen wan­neer die tyd reg is. Ek onthou daar­die ge­voel van trots en a­dre­na­lien ge­meng met die reuk van bus­kruit. Daar­die oom­blik sal ek vir al­tyd onthou, daar­die se­kon­des wat dit voel of jy nou die hoog­te­punt van jou le­we be­reik het.

Na­dat ek ’n vol­waar­di­ge jag­ter ge­word het, het ek ge­weet die KTV-mark­dag vir jong en­tre­pre­neurs in Port E­li­za­beth is om die draai. En ek as ’n “jag­ter” was dood­se­ker dat ou­ma Re­tha se al­om­be­ken­de kerriesosaties waar­aan al die jag­ters so weg­lê op die plaas, sal loop soos spook­a­sem op ’n kerk­ba­saar. Ek moes smeek en be­del vir die re­sep. Uit­ein­de­lik het ons ’n kom­pro­mie be­reik dat ou­ma die sous sal maak en ek die so­sa­ties sal ryg, maar ek mag nie in daar­die sta­di­um die re­sep ge­kry het nie. S­joe, dis al 20 jaar la­ter en nou het al­mal som­mer die re­sep!

Ou­ma het al­tyd’ n riet­mand­jie met’ n blou­en-wit blom­me­tjies oor­trek­sel saam met haar ge­dra. In die mand­jie was ’n fles tee, ’n fles lou­warm melk en daar­die klein bok­sies sap wat soos ’n klap­per skiet as jy hom reg op­blaas en op hom trap. Ou­ma het la­ter die bok­sies stuk­kend ge­sny voor sy dit weg­ge­gooi het, want haar hart kon dit nie meer hou nie. Ook in die mand­jie was daar Pro­vi­tas en ’n sout­punt wat styf met foe­lie toe­ge­draai was. Ge­woon­lik was daar ’n heel skaap­nek of ’n stuk boud wat ons af­ge­kerf en met ou­ma se soet­suur mos­terd ge­ëet het. My pa sê al­tyd nie eens die hon­de wil ou­ma se vleis­be­ne hê as sy daar­mee klaar is nie.

Ek het al­tyd vir ou­ma pro­beer na­maak as sy daar­die skaap­nek met so­veel ge­not af­kerf

en stuk­kie vir stuk­kie met die mos­terd eet. So­veel so dat ek van­dag nog op lui Son­dae ’n nek vir my en een vir my vrou, He­let­te, moet maak. ’n Mens kan nie ’n skaap­nek deel nie.

Al­mal dink hul ou­ma se re­sep­te is lek­ker, maar hier­on­der is my ou­ma Re­tha se re­sep­te. Dit ver­tel ’n sto­rie van waar ons was, waar ek is en waar­heen dié kos­reis ons nog gaan neem. Dan­kie vir my won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge, Ou­ma.

Lief­de, die Rus­per.

30 ml a­syn (bruin vir ’n don­ker­der mos­terd of wit vir ’n lig­te mos­terd) 1 ei­er, ge­klits 15 ml bot­ter

Skaap­nek: Druk met ’n skerp, dun mes so­wat 10 gaat­jies o­ral in die skaap­nek en stop dit met knof­fel, kap­per­tjie­saad en roos­ma­ryn. Smeer die nek met o­lyf­o­lie, geur met sout en pe­per sit dit in ’n oond­bak. Be­dek lig­gies met foe­lie en bak teen 140 °C vir so­wat 3 uur. Haal die nek uit en stel die oond op sy hoog­ste tem­pe­ra­tuur. Haal die foe­lie af en plaas die nek te­rug in die oond. Oond­roos­ter tot die vet lek­ker goud­bruin en bros ge­braai is. Mos­terd: Meng die mos­terd­poei­er, sui­ker en kook­wa­ter saam. K­lits die a­syn en ei­er goed saam en voeg dit by die mos­terd­meng­sel in ’n hit­te­be­stan­de meng­bak. Sit die bak op ’n ka­strol met wa­ter wat lig­gies prut en ver­hit, ter­wyl ge­roer word, tot die mos­terd ver­dik is. Klop dan die bot­ter by. Laat die sous af­koel en plaas in ’n lug­dig­te, se­ël­ba­re bot­tel. Die sous kan baie lank in die ys­kas hou, maar ek gee jou ’n week, dan is dit op! Le­wer 125 ml mos­terd.

OU­MA PE­TRA

Soos baie da­mes van haar era het my ou­ma Pe­tra Ra­de­mey­er (82) ’n el­le­lan­ge lys doop­na­me, maar ek is ver­bied om hul­le hier op te noem, nes ek ver­bied is om te sê hoe­veel kin­ders hul­le was. Ou­ma het wel ge­noem dat haar pa, I­si­as Al­bert Koen, ’n groot, sterk en streng boer was en haar ma, Jo­han­na E­li­za­beth S­tan­der, ’n mooi, jong nooi was.

Toe ek va­nog­gend oor kof­fie met haar daar­oor praat, het sy my ge­sê ek moet onthou daar was nie voor­be­hoed­mid­dels daar­die tyd nie en som­mer by­ge­voeg dat sy nie te­vre­de is met net een ag­ter­klein­kind nie.

Ou­ma Pe­tra en ou­pa Ma­nie het al­bei vir die spoor­weë en lug­diens ge­werk. Dit het hul­le van Dur­ban tot Kaap­stad en uit­ein­de­lik na Ge­or­ge ge­neem. T­win­tig jaar ge­le­de het hul­le Jan­sen­vil­le toe ge­trek na die buur­plaas so­wat 5 km van ons af.

Van my vroeg­ste her­in­ne­rin­ge is waar ek in die ag­ter­ka­mer in ou­ma se “hand­wer­ken-wol­sen­trum” in Ge­or­ge speel en sy my ge­leer het hoe om te vleg en tol­le­tjie te brei. Die lek­ker­ste was die soet be­der­fies

‘My guns­te­ling was die pie­sang­pan­ne­koe­ke met suur­le­moen­stroop, haar pam­poen­koe­kies met ka­neel­sui­ker en tuis­ge­maak­te vla op daar­die re­ë­ne­ri­ge Ge­or­ge dae. Ek onthou die re­ën en nat­tig­heid goed, want ek het dit sel­de ge­sien in die Ka­roo waar ek groot­ge­word het.’

wat ou­ma my smid­dae ge­gee het as die rooi­mie­re be­gin pla, want dit was se­ker­lik nie mak­li kom’ n plaas­kind in­dies t ad be­sig te hou nie. My guns­te­ling was die pie­sang pan­ne­koe­ke met suur­le­moen­stroop, haar pam­poen­koe­kies met ka­neel­sui­ker en tuis­ge­maak­te vla op daar­die re­ë­ne­ri­ge Ge­or­ge-dae. Ek onthou die re­ën en nat­tig­heid goed, want ek het dit sel­de ge­sien in die Ka­roo, waar ek groot­ge­word het.

El­ke keer as ou­ma en ou­pa vir ons op die plaas kom kui­er het, was daar se­ke­re in­stel­lings. El­ke og­gend kon ons vir hul­le kof­fie in die bed neem in ruil vir koe­kies vir ont­byt. Daar­van het ek ge­hou. Met el­ke keer se kui­er het ou­ma my ma weer ge­leer hoe om daar­die lek­ker, soet bo­bo­tie met die klap­per­skaaf­sels te maak. Daar­van het ek ook ge­hou.

Maar wat ek ver­pes het, was ou­ma se om­ko­pe­ry. Ek is am­per se­ker my ou­ers het nie daar­van ge­weet nie. Ek sal hul­le moet vra. Ou­ma glo vas aan die ge­ne­sen­de krag­te van En­gel­se sout. Ek dink nie En­gel­se sout of kof­fie was vir voor­skool­se kin­ders be­doel nie. Tog ek het el­ke keer die R2 by ou­ma ge­vat en ge­weet hier­die kop­pie swart kof­fie wat ek nou moet drink, proe snaaks. En ek het ook ge­weet dat ek nie te ver van die huis af moes speel na­dat ek dit ge­drink het nie.

Die bes­te tye van ons kin­der­ja­re was om vir ou­ma te gaan kui­er wan­neer dit tyd was vir Ge­or­ge se skou. Ou­ma is ’n sta­ti­ge vrou en was vir ’n paar jaar Ge­or­ge se skou­voor­sit­ter. Nou, as jy die skou­voor­sit­ter se klein­kind is, het jy ba­sies ’n goue kaart­jie ge­had en kon o­ral in­gaan. Ek het wel een jaar daar in die moei­lik­heid be­land toe ek ’n draai gaan loop het op die lang gras langs die hoof­saal (gras was vir my be­kend as bok­kos en jy kon maar ’n draai gaan loop as jy moes.)

Ho­ër­skool was lek­ker en die kos­huis nog lek­ker­der. So nou en dan het din­ge eg­ter nie ver­loop soos dit moet nie. Dan het ek by ou­pa af­ge­pak oor ’n gi­rl of ’n moei­li­ke ek­sa­men­vra­e­stel of die rug­by­wed­stryd wat nie reg­ver­dig ge­blaas is nie. Hy was ’n baie rus­ti­ge man en het al­tyd aan­dag­tig ge­luis­ter, ter­wyl hy aan sy ske­mer­w­his­key ge­teug het. Dees­dae kla ek by ou­ma oor die droog­te, swak pry­se en roof­die­re, ter­wyl ek aan my ske­mer­w­his­key teug.

Een ding wat deur die ja­re die­self­de ge­bly het, is ou­ma se Mar­mit­e­tert wat am­per el­ke na­week van my skool­dae tot nou toe by die deur af­ge­gee word vir be­derf.

Ou­ma Pe­tra is ’n trot­se, net­jie­se, hard­wer­ken­de vrou. Al­tyd ge­klee in haar bes­te. ’n Bo­baas­tui­nier en mees­ter­k­wilt­ster wat al vir ál se­we haar klein kin­ders ’n kwilt met die hand ge­maak het (twee van daar­die kwilts het haar ’n eer­ste en t­wee­de plek by die na­si­o­na­le kwilt­fees be­sorg). Sy hou my kas­te vol van die lek­ker­ste konfyt, in­ge­maak­te groen­vye en blik­ke vol van haar bruin­be­skuit.

Dan­kie vir al die mooi her­in­ne­rin­ge en dat ons die af­ge­lo­pe tyd weer kon re­me­nis­ce en lag daar­oor. Dan­kie vir die goeie rol­mo­del wat ou­ma vir ons en vir jou ag­ter­klein­dog­ter is. Sy is so be­voor­reg om el­ke dag met jou te kan speel.

Lief­de, Jay.

BO: Ou­ma Re­tha in haar jong dae as ver­pleeg­ster voor hul plaas­huis op Moe­der­zoons­kraal by Wa­ter­ford in die Oos-Kaap.

LINKS: Jay Oelofse se ou­ma Re­tha van Ton­der, boe­re­kos-kok en bak­ster van for­maat.

HEEL BO: Ou­ma Re­tha in haar jon­ger dae. Ja, vroue kan ook braai!

BO: Jay as ba­ba saam met ou­ma Re­tha en ou­ma­groot­jie Le­na.

LINKS: Ou­ma Pe­tra se eer­ste ag­ter­klein­kind, Jay en sy vrou, He­let­te, se dog­ter­tjie, C­har­lot­te (1), is nou al lief vir boe­re­kos.

BO: Ou­ma Pe­tra se hand­ge­skre­we re­sep­te­boek be­vat nie net al haar staat­ma­ker re­sep­te nie, maar ook boererate, wen­ke en re­sep­te vir tuis­ge­maak­te skoon­maak­mid­dels en me­di­sy­ne.

OORKANSTE BLAD: Kos­ba­re kui­er­tyd saam met ou­ma Pe­tra by haar huis op Jan­sen­vil­le. Jay kui­er al van ba­ba­dag af graag by haar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.