Erfenis-ete vir ons boere
Al byna 100 jaar lank berig Landbouweekblad oor die mense wat sorg dat ons elke dag kan eet – boere. Daarom het ons in Erfenismaand ’n paar boere genooi vir ’n braai met ’n effense kinkel: Die geregte op die spyskaart is voorberei met die eregaste se eie
Braai is só ingemessel in SuidAfrikaners se wese en onlosmaaklik deel van die land se koserfenis dat ’n vleisbraaivuur die eerste ding is waaraan ons dink as daar oor die viering van ons koserfenis gepraat word. ’n Brosgebraaide lamsribbetjie, ’n sappige steak of ’n vars, vuurwarm roosterkoek waarop plaasbotter wegsmelt, is ons gunstelingkos, grootwordkos en erfeniskos.
Braaivleis is boerekos, en wie dan beter om te nooi as ’n paar boere om saam met ons te kom aansit vir ’n Boerekos- braai? Om saam om ’n tafel te sit, ’n maaltyd te geniet en ’n glasie te klink, laat ons vir ’n wyle vergeet van die probleme wat Suid-Afrikaners – en veral die land se boere – elke dag ervaar.
Maar ons wou meer doen met ons erfenisete as net gaste onthaal. Vir Landbouweekblad is boere alles. “Hulle is die DNS en die hartklop van ons besigheid,” sê Chris Burgess, redakteur van Landbouweekblad. “Ons beskou boere as die ruggraat van die land, ekonomies én maatskaplik. Al die vindingryke boereplanne, werktuie en interes- LINKS, BO EN REGS: Om saam met vriende iets op die kole te gooi en te eet, is mos deel van Suid-Afrika se erfenis. Op ons erfeniskos-braaispyskaart was allerlei tradisionele lekkernye, soos skilpadjies, brosgebraaide lamsrib en roosterkoek. En natuurlik fantastiese wyn! sante finansiële oplossings waarmee boere vorendag kom, gaan maar net oor twee goed: Die produksie van kos en vesel – twee van die mens se drie mees basiese behoeftes, afgesien van water natuurlik,” sê Chris.
Dit is een van die redes waarom ons Boerekos uitgee – om boere toegang te gee tot ’n breë verbruikersmark en die geleentheid om regstreeks met die publiek oor hul boerdery, besigheid en produkte te praat. Want om ’n bietjie meer te weet van die mense wat die kos verskaf wat jy van die winkelrakke af haal, laat ’n mens anders dink oor kos. En dit is die begin van iets goeds as verbruikers begin dink oor waar hul kos vandaan kom. Daarom het ons besluit om ’n ete te berei met produkte wat die genooide gaste op hul plase produseer. Só word die sirkel voltooi. Van die boer na die bord.