T­jorts! Op SA se ei­es!

Par­ty din­ge is só eie aan Suid-A­fri­ka dat ’n mens dit moei­lik kan ver­dui­de­lik aan men­se wat nie van hier af kom nie. Ge­slag­te Suid-A­fri­ka­ners het met hier­die i­ko­nie­se dran­kies in die huis groot­ge­word, en ná al die ja­re is dit steeds in ons ys­kas­te.

Landbou Boerekos - - Inhoud - Deur LU­CIL­LE BO­THA

GROEN AM­BU­LANS S­par­let­ta C­re­me So­da

As ’ n guns­te­ling on­der kin­ders so­wel as stu­den­te wat meen daar is niks be­ters om ’n ba­be­las on­der die jis te skop nie, is stroop­soet, va­niel­je­geur S­par­let­ta C­re­me So­da beslis een van die land se ge­wild­ste gas­koel­dran­ke. Ter­wyl C­re­me So­da ook el­ders be­skik­baar is, is daar een ding wat dit u­niek Suid-A­fri­kaans maak: Die hel­der­groen kleur. In die res van die wê­reld is C­re­me So­da ge­woon­lik deur­sig­tig (soos le­mo­na­de) of room­kleu­rig (am­per soos gem­mer­bier). Selfs al stem die smaak oor­een, sweer men­se hoog en laag niks kom by die be­ken­de gras­groen koel­drank nie. Só erg is Suid-A­fri­ka­ners daar­oor dat ’n klom­pie troe­tel­na­me in die land ont­staan het. Dit wis­sel van Jan­nie Ver­jaar-koel­drank tot Groen Mam­ba (ge­woon­lik as dit saam met ’n knert­sie ge­skink word) en Groen Am­bu­lan­sie of C­re­me So­ber (vir daai ma­gie­se ver­moë om ’n dik kop op te klaar). Nê­rens op die in­ter­net kon ons wys word waar­om Suid-A­fri­kaan­se C­re­me So­da nou juis groen is nie, be­hal­we S­par­let­ta se terg­lyn wat sê hul koel­drank gaan daar­oor om on­kon­ven­si­o­neel te wees en die re­ëls te breek.

DIK­MELK A­ma­si

In A­fri­kaans is die reg­te woord “maas”, maar by­na al­le Suid-A­fri­ka­ners noem ge­fer­men­teer­de dik­melk (nie suur melk nie) “a­ma­si”. Tra­di­si­o­neel word koei­melk in kal­bas­se ge­gis en in klei­pot­te be­dien, maar nou maak men­se ook die wa­re Ja­kob deur melk op hul ven­ster­bak­ke te laat gis. As dit na te veel moei­te klink, koop een van die reg­op kar­ton­hou­ers in e­ni­ge su­per­mark en gooi die koel, ro­me­ri­ge en ef­fens suur vloei­stof som­mer net so in jou keel af. Of vir ’n he­mel­se, heil­sa­me ete, skink dit oor krum­mel­pap. In die Zoe­loe-kul­tuur word ge­glo a­ma­si maak ’n man sterk, gesond en aan­trek­lik. Met al die pro­bi­o­tie­se ei­en­skap­pe van maas ver­dien dit die ti­tel as su­per­kos, want dit is goed vir by­na al­les – van spys­ver­te­ring tot vel- en haar­sorg.

DRONK ROOMYS Don Pe­dro

Hier in die 1980’s was dit die top­punt van so­fis­ti­ka­sie om ná ete ’n Don Pe­dro te be­stel in ’n re­stau­rant (ge­woon­lik een met na­ge­maak­te leer­ban­ke en baie hout­de­kor). Dié een­vou­di­ge na­ge­reg is niks an­ders nie as ’n groot­mens-melk­skom­mel wat uit ’n wyn­glas ge­drink word. By die roomys word ’n s­keut drank in­ge­klits. Ge­woon­lik be­staan jou keu­se uit whis­ky, kof­fie­li­keur, ha­sel­neut­li­keur of A­ma­ru­la. Die glas se kan­te word met sjo­ko­la­de­sous ver­sier en die plas­tiek­strooi­tjie waar­deur jy die dik, soet meng­sel suig, se pa­pier­om­hul­sel is dik­wels ook swie­rig ge­draai. Maar waar kom hier­die klas­sie­ke Suid-A­fri­kaan­se drankie van­daan? Som­mi­ge bron­ne (soos die be­ken­de Pe­ter Velds­man) be­weer ene Dan­ny Fer­ris, wat des­tyds die ei­e­naar van die Be­lin­zo­na-re­stau­rant in Blou­berg was, het ty­dens ’n be­soek aan ’n S­kot­se whis­ky-sto­ke­ry roomys ge­ëet waar­oor ’n bie­tjie whis­ky ge­skink was. Dit was glo die vonk vir die be­ken­de na­ge­reg wat hy Don Pe­dro ge­doop het en wat soos ’n veld­brand deur die Suid-A­fri­kaan­se kos­be­dryf ver­sprei het. Dan is daar na­tuur­lik die kwes­sie oor of dit Don of Dom Pe­dro is. Dit wil voor­kom as­of Dan­ny dit Don (soos die S­paan­se woord vir “me­neer”) ge­noem het, maar Dom Pe­dro word net so al­ge­meen aan­vaar. Soos die Eat Out- skry­wer Lin­da S­car­borough sê: As jy net so ef­fens mom­pel wan­neer jy dit sê, sal al­mal steeds weet waar­na jy ver­wys!

APPELSAPENTREPRENEUR Ap­ple­ti­ser

In 1966 het die ap­pel­boer Ed­mond Lom­bar­di, ’n Frans-I­ta­li­aan­se im­mi­grant, die i­ko­nie­se Ap­ple­ti­ser-han­dels­merk in die le­we ge­roep. Sy i­dee was om ’n ver­fris­sen­de, nie-al­ko­ho­lie­se “von­kel­wyn” op sy plaas, Ap­plethwai­te, in die El­gin-val­lei te maak. Ed­mond se re­sep het nie min­der nie as ses ver­skil­len­de ap­pel­kul­ti­vars be­vat – elk­een met die hand uit­ge­soek om by te dra tot die heer­li­ke ap­pel­reuk en -geur van Ap­ple­ti­ser. Dié vrug­te­sap met gas be­vat geen ver­soe­ters of pre­ser­veer­mid­dels nie – van­daar die slag­spreuk dat die drankie “heer­lik goed” is vir ’n mens. Bin­ne net drie jaar na­dat Ap­ple­ti­ser die rak­ke getref het, is dit na an­der A­fri­ka-lan­de, En­ge­land en A­sië uit­ge­voer. Die koel­drank­reus Co­ca-Co­la het in 1979 die helf­te van die aan­de­le in Ap­ple­ti­ser ge­koop. In­tus­sen het daar ook on­der meer rooi en wit Gra­pe­ti­ser en Pe­ar­ti­ser die lig ge­sien.

GROEN EN GOUD S­pring­bok­kie

Dit maak nie saak hoe trots of mis­moe-

dig die na­si­o­na­le rug­by­span Suid-A­fri­ka­ners maak nie, daar is ’n ge­wil­de dop – met skop – om die oor­win­nings te vier of die ne­der­lae te help ver­geet. Dit is nie heel­te­mal dui­de­lik waar die S­pring­bok­kie nou eint­lik ont­staan het nie, maar dié pa­tri­o­tie­se shoo­t­er is ge­wild in kroeë reg oor die land en word ook graag tuis be­rei – daar­van ge­tuig die me­nig­te re­sep­te en aan­wy­sings oor hoe om dié dub­bel­laag­dop te skink. ’n Mens hoef nie lank te raai oor waar die naam van­daan kom nie: Met een deel (so­wat 25 ml) groen pe­per­ment­li­keur en een deel goue A­ma­ru­la, lyk dit nés die S­pring­bok­span se truie. Nog ’n ge­wil­de in­ter­pre­ta­sie is dat dit lyk soos ’n s­pring­bok­kie wat in die veld loop. Hoe gooi jy so ’n kort dop­pie? Skink eers die pe­per­ment­li­keur en giet dan die A­ma­ru­la oor die ag­ter­kant van ’n le­pel so­dat die twee nie meng nie. Op die Bok­ke!

KA­RA­TE­WA­TER Bran­de­wyn en Co­ke

Hoe­wel Suid-A­fri­ka uit­ste­ken­de bran­de­wyn maak wat niks meer as ’n blok­kie ys no­dig het nie, is bran­de­wyn en ko­la, in ’n lang glas vol ys, ’n veel ge­wil­der op­sie in die land. Jy kan selfs so­ver gaan om te sê SuidA­fri­ka­ners sien bran­nas en Co­ke in die­self­de lig as wat die Rus­se oor hul vod­ka voel. ’n Dub­bel of ’n en­kel, K­lip­pies of KWV . . . el­ke man (of vrou) het sy guns­te­ling­ma­nier om ’n bran­de­wyn en Co­ke te ge­niet, ver­al as die vlam­me in die braai­plek lek of die Bok­ke ’n bars­hou speel. Om­dat me­ni­ge vuis­ge­veg al uit­ge­breek het as die vog­gies té lek­ker vloei, het bran­de­wyn en Co­ke ook die re­pu­ta­sie as

“ka­ra­te­wa­ter”.

O-O-O-O-OROS! Oros

Wie sal ooit die won­der­li­ke Oros-wê­reld met sy Oros-kin­der­tjies en die vrien­de­li­ke o­ran­je Oros­man in die te­le­vi­sie­ad­ver­ten­sie van des­tyds ver­geet? Die klin­gel het dae lank in ’n mens se kop bly draai: O-O-OO-Oros! Min kin­ders in Suid-A­fri­ka ken nié hier­die si­trus­geur-aan­maak­koel­drank nie. C­har­les Brook­es het in 1899 die Oros-han­dels­merk be­gin, en in­te­res­sant ge­noeg, die eer­ste geur in die reeks was nie Oros nie, maar Le­mos. SuidA­fri­ka­ners se voor­keur vir die o­ran­je koel­drank­stroop het eg­ter gou die oor­hand ge­kry, en die “oor­spronk­li­ke le­moen­kwas” is ont­wik­kel.

KITSKAFEÏENE Ri­cof­fy

Met die heer­sen­de (neus-in­die-lug) kof­fie­kul­tuur, steek jy maar die geel blik met die si­go­rei­meng­sel weg, maar daar is steeds men­se wat vol­staan by Ri­cof­fy, met sy so­ge­noem­de “vars ge­per­ko­leer­de smaak”. Dit is ’n eg Suid-A­fri­kaan­se han­dels­merk wat uit 1952 da­teer. Ri­co­ry was des­tyds een van die eer­ste kits­kof­fies op die mark. In die 1970’s is dit tot Ri­cof­fy her­doop.

O BRAN­DE­WYN, LAAT MY STAAN Mam­poer en wit­blits

Wit­blits word uit druiwe ge­stook (hoof­saak­lik in die Kaap) en mam­poer van e­ni­ge an­der vrug­te, soos per­skes, ap­pel­ko­se, pe­re of ma­roe­la­vrug­te. Dié on­ver­ou­der­de bran­de­wy­ne is Suid-A­fri­ka se ant­woord op schnapps. Mam­poer en wit­blits is baie lank on­der die streng toe­sig van die KWV (wat ’n mo­no­po­lie op bran­de­wyn­pro­duk­sie ge­had het) ge­stook en ver­koop, maar dit het nie al­le sto­kers in hul spo­re ge­stuit nie. Dink maar daar­aan as SuidA­fri­ka se eie moons­hi­ne. Ge­woon­lik is die re­sep ’n goed be­waar­de fa­mi­lie­ge­heim wat van die een ge­slag na die vol­gen­de oor­ge­dra word. Se­dert dit weer wet­tig ge­raak het om vir eie ge­bruik te stook, het ver­skeie ko­per­ke­tels (wat ty­dens die mo­no­po­lie-ja­re ver­nie­tig moes word) skie­lik weer te voor­skyn ge­kom van­uit die plek­ke waar dit ja­re lank weg­ge­steek is. Die sto­ries wil dit hê dat mam­poer ge­noem is na Mam­pu­ru, ’n stam­hoof van die Pe­di’s. Maak nie saak wat­ter een jou gif is nie, ’n klein so­pie is ge­noeg om jou na jou a­sem te laat snak. Teen 50-80% al­ko­hol is dit beslis nie grap­pies nie! Of soos die e­ti­ket op Hak­kies­draad Mam­poer wil ver­tel: “Hul­le sê eers maak hy jou aan­trek­lik . . . dan word jy sterk . . . dan maak hy jou slim . . . en dan word jy ge­blik­sem!”

HOE ROOI­ER, HOE MOOIER Pi­no­ta­ge

Suid-A­fri­ka se eie, in­heem­se druif­soort is in 1925 “ge­bo­re” toe prof. A­bra­ham Pe­rold die kultivars Her­mi­ta­ge (Cin­saut) en Pi­not Noir in sy tuin op die Wel­ge­val­len-proef­plaas bui­te S­tel­len­bosch ge­kruis het. Die eks­pe­ri­ment het al­te­saam vier saad­jies op­ge­le­wer, wat hy ook in die tuin ge­plant het. Oor waar­om hy juis dié kultivars ge­kies het, kan jy net be­spie­gel, want A­bra­ham het nie e­ni­ge no­tas daar­oor na­ge­laat nie. Hy is ook oor­le­de voor hy kon proe hoe Pi­no­ta­ge in die glas vaar. Die wyn­man­ne aan­vaar eg­ter hy wou die bes­te ei­en­skap­pe van die “va­der” en “moe­der” – die le­wens­krag­ti­ge, siek­te­be­stan­de ken­mer­ke van Cin­saut en die smaak­li­ke geu­re van Pi­not Noir – in een druif vas­vang. Suid-A­fri­ka is dees­dae wê­reld­be­kend vir dié kul­ti­var, wat

nou ook el­ders ge­plant word.

INHEEMS EN GESOND Rooi­bos­tee

Rooi­bos­tee word in die­self­de a­sem as biltong, melk­tert en koek­sis­ters­ge­noem­wan­neer trots Suid-A­fri­kaan­se pro­duk­te ter spra­ke kom. Dié heer­li­ke en ge­son­de naal­dag­ti­ge tee­bla­re word al eeue lank deur die K­hoi­san in die Se­der­ber­ge as krui­e­me­di­sy­ne ge­bruik. In 1772 het Carl Hum­berg, ’n bo­ta­nis, dié bla­re her­ont­dek en, dank­sy die heer­li­ke geur, men­se se be­lang­stel­ling in die tee op­nuut aan­ge­wak­ker. Eers baie la­ter, in 1904, het Ben­ja­min Gins­berg, ’n Rus­sie­se im­mi­grant, dit as ’n “berg­tee” be­gin be­mark. ’n Be­lang­ri­ke keer­punt vir die be­dryf was in 1968 toe ’n Suid-A­fri­kaan­se ma, An­ni­que T­heron, ’n boek ge­skryf het oor hoe rooi­bos­tee haar ba­ba se ko­liek ver­lig. Daar­na het hon­der­de stu­dies die lig ge­sien oor die ge­sond­heids­waar­de van dié in­heem­se rooi tee.

MELKIE-MANIA S­te­ri S­tum­pie

Deur­die­ja­re­het’npienk of­sjo­ko­la­de­mel­kie­al­me­ni­ge­kind(en­moe­nie­die groot­men­se ver­geet nie) se skool­dag op­ge­hel­der. Dié boe­pens-bot­tel­tjie met sy foe­lie-se­ël het oor die ja­re min ver­an­der, hoe­wel daar nu­we geu­re – soos fram­boos en mal­va­lek­ker – by die reeks ge­voeg is. Vol­gens die ver­vaar­di­gers (Par­ma­lat) is S­te­ri S­tum­pie die oor­spronk­li­ke ge­geur­de melk­dran­kie in die land. Dit het al in 1970 ont­staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.