Landbou Boerekos

Kop tot stert

-

Die koning van afvalgereg­te. Begin met silwerskoo­n afval en kook dit altyd eerder te lank as te kort.

1 skaapafval (pens, kop en pootjies) Sout en vars gemaalde swartpeper 15 ml vars suurlemoen­sap of wit asyn Water 3 uie, grof gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 45 ml olie 45 ml kerriepoei­er 10 ml borrie 15 ml wit asyn 30 ml appelkoosk­onfyt 5 aartappels, geskil en in stukke gesny

Spoel die afval (pens in blokkies gesny, pootjies gekloof en kop in stukke) deeglik af en sit in ’n kastrol. Geur met sout, peper en ’n eetlepel suurlemoen­sap of asyn. Bedek met water en verhit tot kookpunt. Prut vir 2-3 uur of tot heeltemal sag. Terwyl die afval kook, braai die uie en knoffel oor lae hitte in die olie tot sag. Voeg die kerriepoei­er en borrie by en braai tot geurig. Voeg die asyn en appelkoosk­onfyt by. Voeg die kerriesous saam met die aartappels by die afval en verhit weer tot kookpunt. Bedek en prut vir nog ’n uur (of ’n bietjie langer) tot die afval doeksag is. Druk twee van die aartappels met ’n vurk fyn om die sous te verdik, indien nodig. Geur die afval met sout en peper na smaak en sit voor op rys. Lewer 4-5 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa