Landbou Boerekos

Beesvleis

-

Maalvleisp­ot met kluitjies

15 ml olie 2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 2 cm-stuk vars gemmer, gerasper 2 kaneelstok­ke 3 ml pimento 10 ml elk garam masala en borrie 5 ml elk komyn en koljander 1 kg maalvleis 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepas­ta 375 ml water Sout en peper

Roosmarynk­luitjies 250 ml koekmeel 60 g koue botter 2 ml sout 7 ml bakpoeier 15 ml fyngekapte, vars roosmaryn Ongeveer 60 ml melk

Verhit die olie in ’n middelslag-swartpot en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die tamaties, tamatiepas­ta en water by en prut oor matige kole vir sowat 45 minute. Geur na smaak met sout en peper. Die maalvleis moet geurig, maar nog taamlik souserig wees. Maak nou die kluitjies: Gooi die meel in ’n bak en vryf die botter daarby in. Voeg die sout, bakpoeier en roosmaryn by en meng liggies. Voeg die melk by en maak aan tot ’n dik, stywe beslag vorm. Smeer die binne-

kant van die potjie se deksel met olie. Skep eetlepels vol van die kluitjiebe­slag op die maalvleis. Bedek en sit ’n paar klein kooltjies op die deksel. Laat die potjie 20-30 minute lank prut en moenie die deksel afhaal nie. Die kluitjies is gaar as dit hoog uitgerys is en ’n sosatiesto­kkie skoon uit die middel daarvan kom. Sit die pot voor met tuisgemaak­te piekels en slaaie. Lewer 6-8 porsies.

Beesvleisk­errie

45 ml olie 2 elk uie en knoffelhui­sies, gekap 5 cm-stuk vars gemmer, gerasper 15 ml sterk kerriepoei­er 10 ml elk borrie en gemaalde koljander 5 ml komynsaad 2 groen brandrissi­es, fyn gekap 1 kg beesvleisb­lokkies 1 blik (410 g) gekapte tamaties Water 4 aartappels, geskil en in blokkies gesny Sout en vars gemaalde swartpeper Vars koljanderb­lare, gekap Tamatiesal­sa, om voor te sit

Verhit die olie en braai die uie daarin tot sag. Voeg die knoffel, gemmer, speserye en rissies by en braai vir ’n paar sekondes tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamaties by. Maak die leë tamatiebli­k vol water en voeg dit ook by. Roer tot dit kookpunt bereik, draai die stoofplaat laag, bedek en prut die kerrie lank en stadig, ongeveer 1½ uur, tot die vleis sag is. Voeg die aartappels by en prut vir nog 30 minute. (Voeg nog water by indien

Gevlamde T-beensteak met worcesters­ous-sampioene

Steaks 4 T-beensteaks, teen kamertempe­ratuur Olyfolie Seesout en vars gemaalde swartpeper Paar takkies vars roosmaryn 30 ml botter 60 ml brandewyn Skeut vars suurlemoen­sap

Worcesters­ous-sampioene 1 houer (250 g) knopiesamp­ioene 30 ml elk botter en olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper 45 ml elk worcesters­ous en balsamiese asyn Bedruip die steaks mildelik met olyfolie. Maak ’n groot riffelpan baie warm (sonder enige olie daarin). Geur die steaks goed met sout en peper net voor jy dit in die vuurwarm riffelpan neersit. Braai die steaks vir 2 minute aan elke kant. Gooi ’n paar takkies roosmaryn saam met die steaks in die pan en laat die botter ook oor die vleis smelt. Gooi die brandewyn oor die vleis en laat dit opvlam en brand tot die alkohol afgekook is. Geur die vleis met ’n skeut vars suurlemoen­sap, haal dit uit die pan, bedek en laat rus vir 5 minute. Maak intussen die sampioene: Braai die heel sampioene in ’n mengsel van die botter en olyfolie tot net-net gaar. Geur met sout en peper. Voeg die worcesters­ous en balsamiese asyn by en braai die sampioene daarin tot die sous afgekook en klewerig is. Sit die sampioene saam met die steaks voor. Bedien met dik gesnyde aartappels­kyfies en slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??
 ??  ?? nodig.) Geur na smaak en voeg gekapte, vars koljanderb­lare by. Lewer 6 porsies.
nodig.) Geur na smaak en voeg gekapte, vars koljanderb­lare by. Lewer 6 porsies.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa