Soetsuur stoweskaaptjops
Heerlike huiskos. Die geur van die sous trek lekker deur die vleis en smaak die volgende dag eers lekker.
4 groot stoweskaaptjops 30 ml olie 1 ui, grof gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepasta 30 ml suiker 30 ml bruinasyn 2 wonderpeperkorrels Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die tjops in ’n groot, oondvaste swaarboompan in ’n bietjie olie bruin. Skep uit en hou eenkant. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan tot sag. Voeg die gekapte tamaties en tamatiepasta by en en verhit tot kookpunt. Voeg die res van die bestanddele by en verhit weer tot kookpunt. Laat prut die sous vir 2 minute en skep die tjops terug in die sous. Bedek die pan met ’n oondvaste deksel en bak die tjops vir sowat 1 uur of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Sit voor op rys of kapokaartappels. Lewer 4 porsies.