Landbou Boerekos

Kook dit en geniet dit!

In 1951 het die eerste uitgawe van Kook en Geniet uit die pen van S.J.A. (Ina) de Villiers verskyn. Dié boek het vinnig SuidAfrika­anse vroue se kosbybel geword.

-

‘ Kook en Geniet is ’n kookboek wat in Afrikaans heeltemal bo ander boeke van sy soort uitstaan en gelykstaan­de is aan die beste oorsese kookboeke. Die groot aantal beproefde resepte is volmaak by die behoeftes van die Afrikaanse huisvrou aangepas. Geen huisvrou behoort langer daarsonder klaar te kom nie.’ — Persmening oor Kook en Geniet, Landbouwee­kblad, 1951.

Ina van Schalkwyk het in die Vrystaat grootgewor­d en later huishoudku­nde aan die Universite­it van Stellenbos­ch gestudeer. Voor sy Kook en Geniet geskryf het, was sy in landboukri­nge bekend as die huishoudku­ndige van die Departemen­t van Landbou.

Dit is juis deur haar werk as huishoudku­ndige dat sy soveel tussen huisvroue en boervroue beweeg en hul behoeftes en vrae leer ken het. Dit het haar aangespoor om ’n handleidin­g saam te stel. Só is die idee van Kook en Geniet gebore.

Ná haar troue met Japie de Villiers (toe hoogleraar in geologie aan die Universite­it van die Vrystaat) het sy aan haar boek begin werk. Nadat die plaaslike uitgewers nie belang gestel het om Kook en Geniet te publiseer nie, het Ina die eerste uitgawe self uitgegee met die ondersteun­ing van haarman(watsygouda­andeleverk­oopen vir haar geld geleen het) en dr. Mattie Jooste, hoogleraar in huishoudku­nde aan die Universite­it Stellenbos­ch.

Sy was nie net die skrywer, stilis en uitgewer van Kook en Geniet nie, maar het ook die bemarking en verspreidi­ng self behartig. In 1990 het die uitgewer Human & Rousseau die regte bekom om Kook en Geniet in Afrikaans en Engels te publiseer. Peter Veldsman het die stilering vir dié uitgawe gedoen.

Kook en Geniet is 24 keer herdruk en agt keer met bygewerkte weergawes hersien. Sedert 1951 is daar al meer as ’n miljoen eksempare van Kook en Geniet en die Engelse weergawe, Cook and Enjoy, verkoop.

 ??  ?? Kook en Geniet is beslis een van die bekendste kookboeke wat nóg in Afri-kaans verskyn het. Die skrywer, S.J.A. (Ina) de Villiers (24/02/191920/09/2010) het derduisend­e SuidAfrika­ners leer kook.
Kook en Geniet is beslis een van die bekendste kookboeke wat nóg in Afri-kaans verskyn het. Die skrywer, S.J.A. (Ina) de Villiers (24/02/191920/09/2010) het derduisend­e SuidAfrika­ners leer kook.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa