Landbou Boerekos

Kerrievis

-

Navorsing toon dat kerrievis al lank voor Van Riebeeck se tyd in Holland voorberei is. In ’n resep uit ’n 16de eeuse Nederlands­e resepteboe­k word beskryf hoe om dit te doen, soortgelyk aan hoe ons vandag nog Kaapse kerrievis maak, net sonder die toevoeging van uie. Gaar vis word in ’n kokende. soeterige asynsous met ’n kerriemeng­sel van kardemom, saffraan, gemmer en kaneel geweek. Hierdie manier om vis te preserveer, is ook in die 17de eeu aan die Kaap gebruik. Later jare is daar egter heelwat ekstra speserye, soos lourier en wonderpepe­r, by die kerriesous gevoeg.

Kaapse kerrievis

1 kg stewige witvis, in porsies gesny 250 ml koekmeel Sout en peper na smaak Olie vir vlakbraai 2 groot uie, in ringe gesny 4 knoffelhui­sies, fyn gedruk 10 ml elk koljander, komyn en masala 7 ml borrie 250 ml wit druiweasyn 125 ml water 2 lourierbla­re 4 elk wonder- en swartpeper­korrels en naeltjies Suiker na smaak

Druk die vis met kombuispap­ier droog. Geur die meel met sout en peper en bestuif die vis liggies daarmee. Skud alle oortollige meel af. Verhit die olie in ’n pan en braai die vis oor matige hitte tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai die uie en knoffel oor lae hitte in dieselfde pan tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die koljander, komyn, masala en borrie by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die asyn, water, lourierbla­re, wonderpepe­r, naeltjies en peper by en verhit tot kookpunt. Prut liggies tot die uie heeltemal sag en deurskynen­d is. Geur die sous na smaak met suiker en giet oor die vis. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur, bedek en verkoel oornag. Sit voor met plaasbrood, skywe ryp avokado en botter. Bêre enige oorskiet in ’n lugdigte houer in die yskas. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa