Landbou Boerekos

Gortsop met skaapnek en groente

-

1 kg skaapnek, in stukke gesny 2 uie, gekap 2 knoffelhui­sies, gekap 30 ml olie 3 liter water 250 ml pêrelgort, oornag geweek 4 wortels, gerasper 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny 3 tamaties, geskil en in blokkies gesny Ongeveer 3 liter goeie vleisaftre­ksel Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 60 ml vars pietersiel­ie, fyn gekap Fyngeraspe­rde skil van 2 suurlemoen­e

Braai die vleis, uie en knoffel in die olie tot die uie sag is. Voeg die water by en verhit tot kookpunt. Laat prut stadig vir 1½ uur. Skep enige skuim wat bo-op vorm af terwyl die sop kook. Dreineer die gort en voeg dit saam met die groente en aftreksel by en verhit weer tot kookpunt. Prut vir nog 1½-2 uur of tot die vleis van die bene af val. Skep die vleis uit, verwyder die bene en sit die vleis terug in die sop. Geur na smaak met sout en peper, voeg die pietersiel­ie en suurlemoen­skil by en sit voor met brood en botter. Lewer 10 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa