Landbou Boerekos

Frikkadell­e

-

Ons liefde vir bolletjies vleis kom van die Hollanders af, wat dit al sedert die vroeë 1600’s maak. Claassens skryf dat die eerste frikkadell­e aan die Kaap waarskynli­k van robvleis gemaak is, aangesien dit volop was. In ’n Hollandse resepteboe­k wat uit 1668 dateer, is frikkadell­e al met neutmuskaa­t gegeur en sonder eiers gemaak, wat natuurlik daaraan ’n los tekstuur gee – presies wat jy in ’n frikkadel wil hê. Daar word in dieselfde boek ’n resep gegee vir hardgekook­te eiers wat in frikkadelv­leis toegevou word (soos Skotse eiers vandag). ’n Derde variasie is frikkadell­e in kropslaai – ’n variasie op ons geliefde koolfrikka­delle wat sy oorsprong in antieke Griekeland het. “Daar is soveel frikkadelr­esepte soos daar kokke is,” skryf boerekoske­nner Dine. “Ongelukkig is daar mense wat allerhande onheilighe­de by die mengsel voeg, soos ’n pakkie uiesop. Pleks daarvan kon ’n bietjie gerasperde ui en sout bygevoeg word, en ’n takkie pietersiel­ie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa