Bre­die en pas­tei

Landbou Boerekos - - Vantoekatotnou -

Hoe­wel die dik sop­pe (po­ta­ges) wat in Van Rie­beeck se tyd aan die Kaap ge­maak is, aan bre­die her­in­ner, is dit die Fran­se se potée wat na­der is aan ’n eg­te boe­re­kos­bre­die. Van­dag nog word bre­dies in Frank­ryk op die­self­de ma­nier as boe­re­kos­bre­dies voor­be­rei. In die be­gin­ja­re aan die Kaap is bre­dies met veld­kos (soos veld­kool, su­ring en wa­ter­blom­me­tjies) ge­kook. Na­ma­te die Hol­lan­ders groen­te en vrug­te be­gin kweek het, het groen boon­tjie­bre­die, ta­ma­tie­bre­die en kwe­per­bre­die ge­wild ge­word.

Pas­teie is al in die 1600’s in Ne­der­land ge­bak, maar nie soos ons dit van­dag ken nie. Dik­wels is ’n tert­bak net met deeg uit­ge­voer en is die vul­sel nie ook met deeg be­dek nie. Na­slaan­bron­ne is dit eens dat ons fyn deeg, soos skil­fer­kors­deeg en bro­s­kors­deeg, aan die Fran­se te dan­ke het. Dit maak dus sin dat tra­di­si­o­ne­le skil­fer­kors­deeg pas­teie soos ons dit van­dag ken, in Suid-A­fri­ka be­gin maak is ná die koms van die Hu­ge­no­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.