Landbou Boerekos

Wors en biltong

-

Wors word al van die vroegste tye af gemaak. Leipoldt het geskryf dat die wors wat hy in Frankryk geëet het, die naaste was aan ons boerewors. Maar dit was inderwaarh­eid die koljanderb­raaiwors wat deur die Duitsers gemaak is, wat boerewors se voorloper was. Om vleis te bewaar, is dit natuurlik gepekel en berook of gedroog. Hoewel Van Riebeeck by verskillen­de geleenthed­e verwys het na gedroogde robvleis waarvan hulle baie geëet het, is dit nie in sy tyd biltong genoem nie. Die woord “biltong” het eers laat in die 18de eeu opgeduik. Vet is ook gebruik om vleis te preserveer. Uitgebraai­de seekoeispe­k, varkvet of skaapvet is gebruik om gaar vleis lugdig te seël, soorgelyk aan die Franse se confit- vleis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa