Landbou Boerekos

GROENTE HOORT OP ’N PLAASTAFEL

-

Dis al jare lank nie net nagereg, konfyt, koek en tert wat ons soettande tevrede hou nie, maar ook ’n skeppie soet groente saam met vleis. Gestoofde patats, soetwortel­tjies, soet ertjies en pampoenkoe­kies is van die vroegste tye af op Afrikaanse tafels voorgesit. ’n Resep vir dun skyfies pampoen tussen lagies gebotterde brood wat met suiker besprinkel is, dateer uit ’n ou Hollandse resepteboe­k en is soortgelyk aan ons broodpampo­en. Pampoenmoe­s is met eiers dikgemaak en gebak – nes ons pampoenter­t van vandag. Resepte om vars vrugte en groente te bewaar, geniet in ou resepteboe­ke groot aandag. Konfyt, blatjang en atjar is van enige denkbare vrugte- of groentesoo­rt gemaak. Voor daar styfpassen­de deksels vir houers was waarin dit bewaar kon word, is die blaas van slagdiere gerek, oor die houers getrek en styf vasgebind.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa