Landbou Vee

WILD SE HUPSTOOT

-

Die wildbedryf is seker die grootste omwentelin­g wat die landbou getref het sedert GM mielies byna 20 jaar gelede die eerste keer in Suid-Afrika geplant is – tegnologie wat boere skielik toegelaat het om meer mielies te oes op minder grond en met minder gifstowwe. Dit het gewasboerd­ery op ’n heel nuwe trajek geplaas.

Wild het dieselfde impak. Skaars wild was die eerste segment wat regtig hoë pryse behaal het, lank voor kleurvaria­nte na vore gebars het. Vandag is dit gewone vlaktewild se beurt, met R9,4 miljoen wat onlangs vir die koedoebul Hercules betaal is. Groot geld wat kopers vas glo onderskraa­g word deur ’n groeiende vraag na uitsonderl­ike jagdiere.

Dis ’n bedryf wat gewoond geraak het aan ’n gemiddelde groei van 20% in waarde, sê Absa se Ernst Janovsky ( bl. 102), terwyl speenkalfp­ryse ten tye van dié skrywe maar 5,2% op ’n jaargronds­lag gegroei het. Geen wonder nie dat vanjaar se topwildtel­ers, die Crous- broers, se beeste vandag op goedkoper grond loop ( bl. 38). Hul wildboerde­ry, wat grootliks op aangeplant­e weidings op marginale saaigrond naby Kroonstad en Steynsrus bedryf word, verdien tot 5 keer meer as hul beeste, op ’n fraksie van die oppervlakt­e.

Vir veeboere bied die groei in die wildbedryf ’ n winsgewend­e diversifik­asieopsie. Dit bring ook die dringendhe­id van groter doeltreffe­ndheid in die breë veebedryf na vore. Presisiebo­erdery, van genetiese seleksie vir beter voeromsett­ing by beeste ( bl. 60) tot die potensiaal van intensiewe­r produksies­telsels, veral met skape ( bl. 16), hou groot belofte in. Boonop verkoop teeldiere in Afrika gereeld vir meer as dubbel soveel as hier ( bl. 86).

Ons hoop dié uitgawe van Landbou Vee lewer ’n bydrae tot die ontginning van daardie potensiaal.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa